Sharks klop Stormers met doodsnikdrie

Dit het vir 81 minute gelyk asof die Sharks se doppie in die Superreeks geklink is in hul Superrugbywedstryd teen die Stormers op Nuweland.

Die Stormers was kort voor die einde nog met 9 – 5 voor, maar ʼn doodsnikdrie deur die Sharks se Springboksenter, Lukhanyo Am, het die Stormers gekelder.

Die Sharks het met 12 – 9 gewen en het sodoende hul plek in die kwarteindronde bespreek, ondanks gerugte van onenigheid in die kamp, ongelukkigheid oor die afrigters en nepotisme.

Maar toe die Sharks die wendrie gedruk het, het die afrigters mekaar soos bloedbroers in die afrigtershokkie omhels terwyl die spelers ook hul vreugde op die veld laat uitstraal het.

Nou sal ʼn mens nie weet of daar rêrig probleme is nie, want daar is niks wat ʼn span so saamsnoer soos ʼn oorwinning nie.

Die wedstryd het nie heeltemal aan al die verwagtinge voldoen nie, want daar was te veel foute aan albei kante. Tog was dit hard, genadeloos en spannend.

Die eerste helfte is teen ʼn vinnige tempo gespeel, maar soms het die nodige afronding ontbreek.

Die teleurstellend kleinerige skare het vir 80 minute lank aan hul stoele vasgeklou en drome van ʼn Stormers-kwarteindstryd begin droom.

Maar hulle het in die res van die seisoen te min gedoen en daaroor sal hulle spyt wees. Dit kon so maklik anders gewees het as hulle meer aangeval het, meer drieë gedruk het.

Die statistiek het kwaai na die Sharks oorgehel. Hulle het 55% teenoor 45% besit gehad, hulle het 492 meter met die bal gevorder teenoor 394. Hulle het die bal 174 keer aangegee teenoor 153, hulle het twee drieë gedruk teenoor die Stormers se geen.

Die Sharks het ook veel minder duikslae uitgevoer (119 teenoor 172) en die twee kanse wat hulle kant toe gegaan het, benut.

Daar is versagtende omstandighede vir die Stormers, wat erg, baie erg onder beserings deurgeloop het.

Keerpunte? Die Sharks se plaasvervanger-heelagter, Rhyno Smith, wat in die eerste helfte vir bykans 80 meter vir sy drie deurgenael het.

Die Stormers-haker, Bongi Mbonambi, se geelkaart nadat hy Louis Schroeder met die elmboog teen die keel gestamp het, het toe nie ’n groot voordeel aan die Sharks gegee nie, maar dit was onnodig en plaas jou span onder druk.

Dan die laaste duikslag op Am toe hy deurgesuiker het vir sy drie in die 81ste minuut.

Die Sharks het dalk deurgeskraap, maar vir die res van die seisoen dalk net genoeg gedoen om nog asem te haal.

Punte: Sharks 12: Drieë: Rhyno Smith, Lukhanyo Am. Doelskop: Robert du Preez.

Stormers 9: Strafdoele: Josh Stander (2), Jean-Luc du Plessis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Smirre ·

Wat ‘n grap. Op hulle eie tuisveld so patetiese game. Dankie sharks dat julle die spul verlos het uit hul super rugby nagmerrie Anders het hul SA rugby se naam nog verder weggesmyt.

Lekker lag ·

Ha ha ha ha ha ha ha ha…………weer probeer volgende jaar. Nog nie eers een koppietjie na 24 Jr nie.

Babertondaisy ·

Stormers nie goed genoeg. Baie swak seisoen. Weer bekerloos. Groot probleem dat ‘n span met soveel bokke so sukkel en onderpresteer in ‘n wereldbeker jaar. Maar het eintlik nie beter verwag nie.

Swartwolf ·

Shame ja kolla soek nou verskonings met “minder beserings”…..tipies jammer dis al vir 24 jaar wat die besering die Stormers so laat sukkel…..weer probeer:wp.

Swartwolf ·

Hou op verskonings soek. Stompies was erger as ‘n pap snoek.

SjN ·

Volgens die Afrikaanse kommentaar op DStv het die Stormers reeds gewen al was daar nog n paar minute oor, eerste ding wat jy geleer word is dat jy speel tot die fluitjie blaas, die sjampanje proppe moes toe terug gedruk word, shame, die wyn was lekker suur gisteraand. Verloor kultuur leef voort as dit saak maak.

Swartwolf ·

Goed gese – stormers rugby is soos Lesufi se logika oor skole – dit wil net nie lekker werk nie maar hy hou aan daarmee.

Frans C ·

Vir die WP was dit ‘n geval van ‘tussen die lepel en die mond val die pap op die grond’.
Nou wat van die skeidsregters en sy assistente.Nie een het gesien dat die Sharks in hul teenaanval diep in hul eie gebied eers die bal vorentoe verloor het en toe aanhou speel het,tot die wendrie gedruk is.

Ja Mbonambi is teregte gestraf omdat hy met die elmboog gelei het en Schroeder onder die keel getref het,maar wat van Esterhuizen wat dieselfde,alhoewel minder blatant gedoen het,hy lei ook met sy voorarm.

Dat die Stormers en Lions verloor het is mi ‘n bedekte seën vir die spanne,want dit gee hul kans om voorraad op te neem en het hul beseerdes meer hersteltyd.Dit is ook nie lekker om te toer en dan na ‘n verloor huistoe te kom.

kolla ·

Ander as die ander Japies kla Stormer-ondersteuners nie oor goedjies soos skeidsregters en lynassistente nie

Swartwolf ·

Stompies se beste bokke rus al heel seisoen. Hulle moet aftree. Verskonings werk nie meer nie. Laughing stock of SA rugby.

Ai ·

Kolla ,kolla kom in kolla! Oeps kolla daar le jul toe so te se laaste op die log..Sies en met al jul werfspringbokke ok nogal ..sies sies sies!
Waarvoor moet jul beste bokke rus??? Wel toe rus jul julself uit n kans om 2019 se beker te wen hmmm maak baie sin hoor?? Eerder jul gekroktes moes rus…verskonings verskonings en nogmaals verskonings ou kollatjie jy klink amper soos faf!!Jy moet weet kollatjie as jy ander spanne alewig wil afkraak moet jou span presteer ou maat..Andersins slat jy jou eie naam met n plank! Prooooovinccceee die currycup kom weer….

Swartwolf ·

Sy redenasie vermoe selfde as lesufi. Daai 30% pass rate wys in alles wat hy se. Verskoning vir alles, altyd ‘n slim praatjie. Maar as dit by delivery kom is die stompie ondersteuners NES hul span – incapable.

Swartwolf ·

Stompies se beste bokke rus al heel seisoen. Hulle moet aftree. Verskonings werk nie meer nie. Laughing stock of SA rugby.

Michael P ·

Duidelik verstaan julle nie wat in SA rugby aan gaan nie. Kyk net na volgende naweek.

kolla ·

Stormers die enigste span in SA konferensie wat al die spanne in sy konferensie minstens eenkeer kon klop. Bly maar die beste.

Babertondaisy ·

Gryp na halmpies help niks stompies LAASTE op log 24 Jr bekerloos. So lank al ‘n skande vir SA rugby. Demote na klubrugby in die Atlantic league in dis omtrent waar hul capacity stop.

kolla ·

Vanjaar sover: Stormers 2 – Nulle 1. Asado Braaivleisspan 2 – Nulle 0. Useless.

Ai ·

Hahhahaa ha ai kolla ja jong jy laat my hande saam klap en lag so min… Jy lei erg aan n
wanillisie van stand van sake..Maar iewers in daai dwaalkolk mengelmoes van n brein kom jy op die gevolgtrekking jou span het goed gedoen… Wel ek skat dit is seker maar al wat jy het om jouself te troos so geniet hom…Wens ek kon n foto van jou sien ek ek is amper seker Boswell Wilkie sal jou graag in diens wil neem n regte nar!…

Swartwolf ·

Ai – beste antwoord ooit. Duidelik die man het ernstige illusions dat die stompies goed presteer het. Maar hul is laaste op die log. Logika is totaal afwesig. Dalk is boswell wilkie ‘n opsie. Of groendakkies.

Michael P ·

Barbertondaisie . Net n bloubul ondersteuner kan so n statement maak

Stier ·

Kolla asado span bo op SA log Weer Probeer laaste. Hou op ander spanne afbreek en se iets positiefs oor die Stormers. As jy iets kan kry.

Swartwolf ·

Veral as hul reeds gedink het hul wen…..hoe stil het Am die stompie agterlyn laat staan? Almal kyk vir almal en hoop die volgende speler maak die tackle. Grootste probleem is die stompie span is vol bokke wat soos ons rassie mentaliteit ken wereldbeker toe sal gaan. Stormer voorry heeltemal te oorgewig en stadig, senterpaar nie ver agter nie de allende word nou al deur die ander span se slotte ingehardloop. Etsebet vir ewig beseer al wie regtig probeer is Pieter Steph. Hoe vinniger hy daar wegkom en sy loopbaan voortsit by ‘n unie of oorsese klub wat boontoe heen oppad is hoe beter. Dan in die unie reuse gevegte oor beheer tussen die bestuur, afrigter in die begin van die seisoen gefire, unie bankrot. Dis nie net ‘n WP rugby probleem nie maar ‘n probleem vir SA rugby. So kan dit nie Langer aanhou nie.

Frans C ·

Sjoe ek raak nou regtig bekommers as ek kyk na die rugby challenge uitslae in die half eind.
Pumas 57-32 Boland Cavaliers. Tafel lager Griquas 50 -DHL Stormers 21.

Nou vra ek jou,waar is die Bulle,Sharks,Leeus ,die hele lot is kapot.Daar is hoop vir die Leeus,’n paar Pumas kan die span dalk ekstra byt gee,

Michael P ·

Verstaan jy wat ek bedoel wat gaan in SA rugby aan Swartwolf ja ek is n Stomer maar ek stem heeltemaal saam jou en bul ek is in die Kaap

kolla ·

WP se CB span het vir die Stormers gespeel weens al die beserings. Soos jy tereg opmerk het die WP darem steeds deurgedring tot die halfeinstryd van daai kompetisie en die ander SA super rugby franchises nie. Wys jou net lions, nulle en guppies het geen diepte nie en bring ook geen spelers deur nie. Koop maar net die kaap se talent. As dit nie vir WP was nie was daar ook geen ontwikkeling van jong spelers nie.

Ai. ·

Wel Frans C dit is tog duidelik..Al die spanne van wie jy praat met al hul reserwes speel tans in die super reeks so wat babbel jy…Dit is dan tog meer duidelik dat daar nie diepte is in Suid Afrika se rugby nie en so ver ek weet speel die Pumas Suid Afrika se span van witbank nie in die super reeks nie dis is hul klub span op volle sterkte…Maak dit sin vir jou?

kolla ·

Ai, wat sin maak is dat die WP baie meer diepte het en meer spelers ontwikkel as die lions, nulle en guppies. Dis waarskynlik die WP se vierde span wat teen Griekwas gespeel het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.