Smith wys hy hoort op groot verhoog

Chris Smith. Foto: GB Jordaan.

Chris Smith het Saterdagaand op Arms Park weer eens gewys dat hy onder druk vir die Bulls kan presteer toe hy ’n beseerde Johan Goosen vroeg in die wedstryd teen Cardiff vervang het.

Die 27-jarige losskakel was in die kol met vyf strafskoppe en twee doelskoppe om uiteindelik 19 van sy span se 29 punte aan te teken. Op die moeilike velde van Europa is ’n betroubare stelskopper van onskatbare waarde.

Marius van Rensburg, die Pumas se uitvoerende hoof wat in sy spanbestuurderdae ’n beduidende rol gespeel het om Smith in die Laeveld te kry, meen dat die oud-Matie net nog beter sal word.

“Dit was baie sleg dat Johan Goosen so vroeg die veld moes verlaat, maar dit het vir Chris die geleentheid gegee om sy staal te wys. In die tyd dat hy op die veld was, was hy in volkome beheer van die wedstryd – hy het die spel goed bestuur, asook geweet wanneer om te skop en wanneer om die agterlyn aan die gang te sit. Daarbenewens het hy gereeld die telbord aan die gang gehou,” het die vriendelike Pumas-man gesê.

Smith het vanjaar ook ’n amper foutlose vertoning in die Curriebeker-eindstryd teen die Haaie gelewer, terwyl sy suksesvolle doelskop vroeër ook gesorg het dat die Pretorianers vir die eerste keer in 11 jaar ’n wedstryd op Nuweland gewen het.

“Ek hoop van harte dat hy nog meer geleenthede sal kry om te speel, want ek glo hy kan ’n lang pad in Suid-Afrikaanse rugby stap.”

Intussen word daar berig dat Morné Steyn hom glo binnekort by die Bulls in Europa sal aansluit.

Ná sy heldedade in die derde toets teen die Britse en Ierse Leeus het die veteraan-losskakel nie in een van die Springbokke se daaropvolgende toetse gespeel nie.

Sy ervaring in Europa – waar hy 135 wedstryde vir Stade Français gespeel het – sal van groot hulp vir die Pretorianers wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Willi ·

So tiepies Bulle se gesang om van naar te word, een kom op die veld, skop ‘n paar balle en nou moet hy skierlik sommer Springbok wees. Watse bull is dit??

Anne-Marie ·

Willi, duidelik moet jy ‘n bril kry….hulle praat van Suid Afrikaanse rugby, nie Springbok rugby nie …..!!!!!!

Anoniem ·

Smith staan 3de in die ry na Goosen en Steyn en is nog steeds beter as enigiets wat die ander SA spanne het om uit te kies. Die

mattk ·

Hoe tragies…. sy potensiaal word eers raak gesien toe hy vir die bulle begin speel.

Phil ·

Baie geluk Chris Smith met jou besondere prestasie gedurende die jaar en die mylpale wat jy bereik het as losskakel vir die Bloubulle. Goed om te sien dat Morne as plaasvervanger opgeroep is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.