Só lyk punteleer na WP-Haaie-stryd afgelas is

Foto: GB Jordaan.

Positiewe Covid-19-gevalle in die Haaitenk het veroorsaak dat die komende Curriebeker-kragmeting tussen die Durbaniete en die Westelike Provinsie afgelas is.

Volgens SA Rugby (Saru) sal elke span twee ligapunte ontvang, wat beteken dat die Streeptruie dan die groepfase van die toernooi met 37 punte afsluit en die Haaie met 35 punte.

Die naweek se ander twee wedstryde – Griekwas teen die Cheetahs (Saterdag) en die Blou Bulle teen die Pumas (Sondag) word nie deur die nuutste verwikkelinge beïnvloed nie.

Later vanmiddag se wedstryd tussen die Bulle en die Leeus sal ’n deurslaggewende rol speel om te bepaal waar die halfeindstryde aangebied word.

Hierdie wedstryd begin vandag (Woensdag) om 16:00

Bulle: David Kriel (heelagter), Jade Stighling (regtervleuel), Marnus Potgieter (buitesenter), Jay-Cee Nel (binnesenter), Stravino Jacobs (linkervleuel), Chris Smith (losskakel), Embrose Papier (skrumskakel), Duane Vermeulen (agtsteman en kaptein), Elrigh Louw (flank), Marco van Staden (flank), Ruan Nortje (slot), Jan Uys (slot), Trevor Nyakane (stut), Schalk Erasmus (haker) en Lizo Gqoboka (stut). Plaasvervangers: Johan Grobbelaar, Jacques van Rooyen, Marcel van der Merwe, Janko Swanepoel, Ivan van Zyl, Morné Steyn en Tim Agaba.

Leeus: Tiaan Swanepoel (heelagter), Stean Pienaar (regtervleuel), Burger Odendaal (buitesenter), Dan Kriel (binnesenter), Courtnall Skosan (linkervleuel), Elton Jantjies (kaptein en losskakel), André Warner (skrumskakel), Len Massyn (agsteman), Vincent Tshituka (flank), Marnus Schoeman (flank), Marvin Orie (slot), Willem Alberts (slot), Jannie du Plessis (stut), Jaco Visagie (haker) en Dylan Smith (stut). Plaasvervangers: Jan-Henning Campher, Ruan Dreyer, Carlu Sadie, Reinhard Nothnagel, Wilhelm van der Sluys, Ross Cronje, Wandisile Simelane en Francke Horn.

  • Hoe die Curriebeker-punteleer lyk nadat die Haaie en WP se punte bygevoeg is (ander spanne se wedstryde moet nog gespeel word):
  1. WP 37 punte
  2. Haaie 35 punte
  3. Blou Bulle 35 punte
  4. Leeus 33 punte
  5. Cheetahs 27 punte
  6. Pumas 12 punte
  7. Griekwas 7 punte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.