‘Swak dissipline het ons gekos’, sê Bok-afrigter

Springbok-afrigter Jacques Nienaber. (Foto: Patrick HAMILTON/AFP)

Springbok-afrigter Jacques Nienaber meen die wêreldkampioene sal hul dissipline moet verbeter voor hulle die naweek weer teen die Wallabies te staan kom.

Die Wallabies-losskakel, Quade Cooper, se skopstewel het die naweek vir 23 van Australië se 28 punte gesorg nadat die Bokke ʼn magdom strafskoppe afgestaan het en vir 20 minute met net 14 spelers moes regkom nadat Siya Kolisi en Willie le Roux met geel kaarte van die veld gestuur is.

Die Bokke het met 28-26 verloor nadat hulle teen rustyd met 19-11 agter was.

“Swak dissipline het ons gekos, met 23 van hul punte wat van die skopkegel af was,” het Nienaber gesê.

“In die eerste 20 minute het ek gedink ons het die oorhand en beheer oor die wedstryd, maar ons kon dit nie in die laaste 20 minute doen nie.

“Ons het goed gevaar om laat in die wedstryd terug te keer en toe verloor ons die wedstryd omdat ons ʼn strafdoel afgestaan het. Dít gesê, Australië het goed gespeel en hulle verdien die oorwinning.”

Nienaber het ook sy ontevredenheid uitgespreek met verbroude kanse, naamlik twee moontlike drieë en twee strafskoppe en twee doelskoppe wat nie geslaag het nie.

“Dit was nie ʼn afgeronde vertoning nie,” het hy gesê. “Ons sal na die wedstryd kyk, en ons sal daardie dinge moet regmaak en ons dissipline verbeter.”

Die twee spanne kom Saterdag weer in Brisbane teen mekaar te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

SlinkseKoljander ·

Miskien `n bietjie minder kota spelers en kry ook iemand wat kan skop.

Frans ·

Die grootste fout was om spelers wat beseer was terug te bring vir so’n belangrike wedstryd.Begin met hulle op die reserwebank en beging met die span wat vir jou sukses gebring het.Dink sou daaraan as Morne Steyn gespeel het sou die Bokke die Wallabies moedloos geskop het en nie gevou het onder telbord druk en sulke dom dinge soos Kolisi aangevang het.
Jy kom nie terug van beserings en herwin onmiddellik jou vorm wat jy voor die besering gehad het.
Die manier waarop die Kiwis die Argentyne teen wie die Bokke ook by tye gesukkel het ,pak gegee het dui daarop dat die Bokke vinnig sal moet aanpas
en verbeter of daar wag trane en ‘n bokkie wat bler was nog nooit ‘n mooi gesig nie.

koos10 ·

Die Aussies het presies geweet hoe om die grootste aanvalswapen van die Bokke, se loop te buig. By tye baie onwetting, maar daar was 3 loop maal bewegings wat deur hulle gestop was voordat hulle met ‘n kaart gestraf was. Dit was die draai punt van die wedstryd, Die Bokke maak so sterk op die beweging staat, dat die agterlyn verleer het hoe om rugby te speel. Ek weet dat wen rugby, wen rugby is, maar as ons dieselfde teen die All Blacks gaan probeer, gaan hulle ons vermorsel. As dit ons spel patroon bly, kies dan asb vir Mornè as plaas vervanger, dan is daar iemand wat kan skop as Handrè se skop skoen in die bus agter bly!

Kobus ·

MAW,die “kaptein” het verkeerde besluite gemaak? FAF is die probleem,Reinach myle beter. Altyd terug teken bord toe. Agterlyn is oorhoops.Hulle verdedig net. Grubbers is iets uit die verlede wat dalk oorweeg kan word.

JN ·

Ja nee kan maar net lag…
Hul in Australia noem kolisie n inspirerende speler??? Oe ok….
Sekerlik tog geniet die Aussies hom in die bok span…Ek meen al wanneer hy te siene was is toe hy afgestuur is en n strafskop afgestaan het, verder wat doen kolisie? Inspirerend nogal ne??
Pollard is goed maar het n swak wedstryd gehad en so ook Am wat daai laaaang tong maar eerder in daai mond hou voor hy oor die dekselse ding val en nog meer skandes maak…Willemse bo Steyn?? Kwota geval much??
Bokke se spel verder voorspelbaar en plein vervelig… Ons het vinnige vleuels maar die bal hak vas flaffie wat ons maar so 15m gebieds voordeel gee met sy alewige 50 /50 bal terug wen up en unders.. Die All blacks le en wag en lek hul lippe af vir die bokke met die soort bal weg skop spel..
Quade het die bokke se plan uitgewerk en slim gespeel en die bokke kon nie oorskakel tot n ander plan nie, ken net van skop en skop en skop en nogmaals skop die bal reguit op en hoop vir die beste…
Oe hel nee…

JN ·

Nog n ding..Jacques Nienaber het nie n clue nie..Dit wys duidelik dat hy het maar op daai ou wat die water aandra op die veld se kennis geleen.. Waar krap hul die Coaches uit elke keer wat ek nog nooit eens van gehoor het rugby speel nie..??? En nou coach hy die Bokke???
Waar is daai ou wat die water vir die bokke aangedra het nou heen want hy ken van rugby..
Kry hom terug en laat die nienaber gaan…..

Kobus ·

Om nie van die agterlyn coach te praat nie! watter agterlyn?

Pieter9 ·

Ons is nooit goed die laaste 10-20 minute van ‘n westryd teen Aussies en All Blacks nie; ons het nie die DNA daarvoor – die All Blacks gaan 50 punte teen ons opsit.
Ek bly egter ‘n ondersteuner.

Francois ·

Dit is gewoonlik die Sharks se probleem ook – daardie laaste kwart van die wedstryd… Maar hierdie Saterdag….ja wel – twee slegte eindresultate in een naweek vir die spanne wat ek ondersteun

piet ·

Toe Kolisi die veld verlaat , was die Bokke leierloos en dit het gewys. Later in die wedstryd toe swak Pollard kapteinskap moes oorneem, val dinge heeltemal plat.

N ·

Sit volgende week jou playstation af en kyk die regte game. Kolisi het ons 10 punte gekos en 14 manne op die veld. Na Pollard se mis skop het ons weer n kans gehad voor die pale. Hy het besluit om kantlyn toe te gaan. Toe verloor ons die bal. Kolisi is te veel op tydskrifte, tv en social media. Sy aandag is by sy volgende advertensie en fame. Lankal opgehou rugby speel met passie

Francois ·

Ek aanvaar die foto van Jacques Nienaber bo aan die berig is n ou foto – verseker nie na die wedstryd tydens onderhoude geneem nie… Tydens n onderhoud met Kolisi langs hom kon ek sien daar is nie veel dissipline nie want die kaptein was heeltyd besig met ander mense wat af van die skerm was en het nie eers n woord gehoor wat sy afrigter besig was om vir die joernaliste te sê en antwoord nie…

Chrisp ·

Ek sien die Proteas het dit nie gemaak nie?
Spansport in Suid-Afrika is ‘n klug.

Kokkie ·

Kom ons wees nou maar eerlik. Die Rassie debakel het nou teruggekom om die Bokke in die jis te byt. In die eerste instansie het die Bokke onder Rassie ‘n verskriklike ‘chip’ op die skouers ontwikkel. Hulle is arrogant en dink regtig hulle is onaantasbaar en kla oor letterlik elke beslissing van die skeidsregter. Die oomblik dat die fluitjie blaas, dan gooi hulle hulle hande in die lug en bevraagteken die skeidsregter. Ek sien iemand beskryf die Bokke as ‘one trick ponies’. Dis die beste beskrywing wat ek in ‘n lang tyd gehoor het. Hulle het sukses gehad met hulle ‘one trick’, maar die ander spanne het baie gou ‘n teenvoeter ontwikkel en vorentoe gaan die Bokke nie ver kom met daardie trick nie. Dit is ‘n groot bate om goed te verdedig, maar dit beteken nie dat aanval nou maar afgeskeep kan word nie. Wat het geword van agterlynaanspel. Einste Pollard het onlangs met groot gebaar gesê dat hulle nie speel om die skare te vermaak nie, maar om te wen. Groot fout!

piet ·

Die Bokke sal meeste spanne klop met hierdie spel wat daarop gebaseer is dat die voorspelers heeltemal oorheers. En as die ouens volgens hulle vermoe speel sal die eentonige manier van spel wel werk in meeste gevalle. Dit gaan egter nie werk teen spanne waar jou voorspelers nie noemenswaardige oorheersing toon nie soos gewys is teen Australie. Teen die AB’s gaan dit glad nie werk nie want jy kan vergeet om hul voorspelers in so ‘n mate te oorheers dat dit die gang van die wedstryd sal bepaal.

piet ·

Nienaber is mos ‘n spesialis verdedigingsafrigter nie waar nie? Ken nie van aanvallende spel nie.

Kokkie ·

Tydens die afgelope besoek van die Britse en Ierse Leeus het Rassie en Kolisi (myns insiens) die belaglike ding gedoen toe hulle in die pers gekla het dat die skeidsregters nie die nodige respek aan Kolisi betoon nie. En Saterdag word die ongerespekteerde kaptein van die veld af gestuur vir sy boorvat op Banks van Australië. As dit is hoe hy wil respek afdwing, het hy die kat lelik aan die stert beet. Dis bloot onnosel om in vandag se tyd ‘n opponent so te ‘laagvat’. Hoekom hy nie ‘n rooikaart gekry het nie, sal net die skeidsregter weet. Miskien was hy bang dat hy dan ook ‘n slagoffer van Rassie se video’s kan word.

SjN ·

Slaan die spelers wat swak dissipline het met die tjekboek, laat hul weg uit die volgende game, geen wedstrydgeld, kaarte ontvang moet beboet word, hul kry hopeloos te veel geld vir wat hul doen.

Ettienne ·

Regtig mense, wie kyk nog SA rugby. Hoe die lotte laas die WB gewen het, is ‘n raaisel.

Hoe ook al, ek hou dit eenvoudig. Die SA span is die nasionale span en verteenwoordig die land en so ook die ANC regering, of ten minste die ANC se beleid. Ek ondersteun nie die ANC nie, dus ondersteun ek nie SA Rugby nie. Eintlik nou ‘n rustige lewe. Deutschland uber alles.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.