Waar was dié Blou Bulle die hele seisoen?

SP Marais – 30 punte. (Foto: WP Rugby)

Die Blou Bulle se ondersteuners kan hulle met reg die vraag afvra waar die span die hele seisoen was, wat die voortstormende Westelike Provinsie Saterdag op Nuweland ná ʼn naelkoustryd in bykomende tyd ingedwing het.

Die verdedigende Curriebeker-kampioen het op die ou end met 35-32 gewen.

Vir ʼn span wat haas geen kans gegun is om die Curriebeker-halfeindstryd te wen nie, het die Blou Bulle ʼn allemintige vertoning van durf gelewer.

Ironies genoeg was dit ʼn hoogvat in die 95ste minuut wat die Bulle die nekslag toegedien het, toe SP Marais met sy sewende strafdoel van die wedstryd geslaag het.

Hy het uiteindelik 30 van die wenspan se 35 punte aangeteken, en die WP kan maar iewers ʼn gedenksteen, of iets, vir hom oprig. Hy het waarskynlik voorkom dat dié geldelik sukkelende bond ʼn hele R10 miljoen sou moes inboet as Nuweland die aanbieding van die eindstryd afgestaan het.

Ongelooflike swak dissipline het die Blou Bulle hul oomblik van glorie in die halfeindronde van die reeks gekos.

Verbete aanvalswerk in die laaste tien minute van die kragmeting – met die Streeptruie wat merkwaardig rotsvas verdedig het – is beloon toe die Blitsbok Dylan Sage die gelykmakende drie (32-32) in die 80ste minuut gedruk het. Die sterk wind het Manie Libbok se doelskop weggewaai.

Ongeag die feit dat die Bulle albei die eerste helfte se drieë gedruk het, het hulle oorvloed oortredings Marais in staat gestel om met vyf strafdoele die WP deurentyd in die prentjie te hou (15-17).

Selfs Marais se drie in die 51ste minuut het gevolg op ʼn lynstaan ná die Bulle vir ʼn opsetlike neerklap van die bal gestraf is.

En die Bulle? Behalwe vir die swak dissipline, moes hulle die beroepswedders wat die WP se wenkans op 14/1 gestel het, benoude oomblikke besorg het.

Hoekom kon hulle die res van die seisoen nie só speel nie?

Puntemakers –

WP 35 (15) – Drieë: SP Marais, Paul de Wet. Doelskoppe: SP Marais (2). Strafdoele: SP Marais (7).

Blou Bulle 32 (17) – Drieë: Ruan Steenkamp, Duncan Matthews, Manie Libbok, Dylan Sage. Doelskoppe: Manie Libbok (3). Strafdoele: Manie Libbok (2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Alwyna ·

Dit was amper! Trots op die BULLE wat beroof is van n oorwinning!

Albert ·

Nerens word gesê hoeveel keer daar vir n WP speler n geelkaart moes gegee gewees het asook strafkoppe maar die ref het dit afgelag want WP moes wen. Dit was mos vanselfsprekend dat WP sou oor die Bulle sou storm en toe dit nie gebeur nie moes die ref help. Ek vanoggend die wedstryde waar die NZ se spanne gespeel het en vir dieselfde oortredings wat WP gemaak het die spelers met geel kaarte van die veldaf, ek wil net weet of ons ander rugby reels speel as hulle, want hulle het ook semi,s gespeel. Hoe dieselfde ref twee weke agter mekaar blaas waar dieselfde spanne speel is nie reg nie want daar is genoeg refs in SA.

Ralph ·

Albert dan nogal n oud WP speler as ref gebruik. Selfs Naas het op SS1 paneelbespreking genoem dat 3 uit 5 van strafskoppe pale toe in eerste helfte glad nie moes gewees het. So word net meer skade aan ons rugby aangerig.

Dries du Toit ·

BULLE,baie goed gedoen.Jammer vir julle,maar wp het ook maar baie kanse verbrou. MAAR iets anders.Ek het lanklaas n loskakel so swak en onoordeelkundig sien skop soos wp se willemse. EN hy is in SPRINGBOK span en word deur hoofstroom media verafgod. JAMMER,maar hys netnet goed gedoen vir klubrugby. WP,sterkte md finaal. BULLE,WELL DONE.

ManieM ·

Met soveel pogings deur die ref om die “game” deur te haal vir die WP kon dit nie anders nie. Dit kos ons rugby baie want hoe op aarde moet jy ‘n wedstryd wen met sulke swak beslissings?

Onnie ·

Ek hoop die WP het nou groot genoeg geskrik om hul sokkies op te trek vir volgende naweek. Ek soek goeie rugby kykvermaak! Vandag was ek amper siek van die patetiese naelskraap wedstryd. Province! Province! ProoooooOooooovince! Die Currie Cup kom weer!???

Flip ·

Ek stem saam. Dit lyk of die ref eerder in Blouberg vakansie wil hou as by die 224.

Stephanus ·

Egon Seconds was seker “Man of the match” vir die WP. Jammer Bulle, maar julle was strate beter as die WP!!!

Gerrit ·

Dis juis oor al die bogenoemde kommentare dat ek wat in Pretoria bly NOOIT vir bulletjies sal ondersteun nie. Hul ondersteuners is die swakste verloorders wat daar in die Heelal bestaan. Daar is ALTYD of met skeidsregter of met ander span n “verneukery” aan die gang. Begin optree soos grootmense en gee lof waar dit toekom. Bulle kon wen maar het nie omdat Wp hul kanse…3punte op n slag….beter gebruik het. Dis n halfeindstryd en elke punt moet gevat word. Geluk PROVINCE jul is die hele seisoen al die beste span maar n skrikkie nou is beter as trane later.

Joshua ·

Gerrit, voor jy die Bulle se supporters sleg se maak net seker die ander spanne se supporters boe en vloek nie-ongelukkig doen alle spanne se supporters dit. En jy kan mos support wie jy wil

What a joke! ·

Ja maar Gerrit dit is nie lekker as jy bedons word deur n ref wat duidelik vir die Wp geblaas het nie is dit!

Cuda ·

Selfs die berig is afbrekend van aard deur slegs op die Bulle se “swak dissipline” te konsentreer, of te sê “waar was hulle die jaar”. Hoekom nie oor positiewe goed berig nie. WP het met 50/50 besluite deur ref. in die game gebly en die beter span op die dag kry geen krediet vir sy werk wat hy gedoen het nie. Ek dink selfs ‘n getroue WP ondersteuner sal erken hulle was gelukkig. Soos hulle se die score is die score en geluk aan WP. Steeds een van die beste games om te kyk is Noord vs Suid

Frans C ·

‘n Mens karring nie aan ‘n wenspan se kombinasies nie en dit is wat die WP-afrigter gedoen het.Stander was die man wat die Blou Bulle takties op hul tuisveld gesink het en sy weglating was ‘n taktiese fout.Willemse was ongelukkig mi die swak skakel in die WP
agterlyn en kon nooit die WP se skrumdominasie behoorlik uitbuit nie.

Dit was die Bulle se beste poging in ‘n lang tyd,waarvan 4 drieë teen twee getuig,
Ongelukkig het Libbok die wind verkeerd gelees en moes veel meer na die linkerpaal gekorrel het,met ‘n goeie kans dat die wind die bal sou oorwaai.

Nee dit was nie ‘n Jack van der Schyff herhaling nie,die wind het die dag nie op Ellispark gewaai nie.Hoop die Bulle kan op die vertoning voortbou in 2019 se Superrugby.

Jammer Bulle ,maar dit was Marais se dag en die WP skuld hom baie.Los nou maar die skeidsregter dit was nie hy wat ‘n kardinale doelskop gemis het of onkant was nie.

Cuda ·

Gerrit – toe die Bulle die Stormers in die Super beker finaal gewen het was Schalk Burger en Alistair Coetzee openlik op TV krities oor die skeidsregter…….! Ek sê maar net. Seconds het baie foute gemaak. Niks kan die telling egter verander nie….! Ons Bulle gaan sê ons sê en gaan aan. Ons weet wie was beter op die dag. Selfs ‘n getroue WP man sal saam stem. Moenie mekaar sleg sê nie

Driesie ·

Ek stem 100% saam met jou,WP het harde bene gekou,veral daardie laasste doelskop pale toe in die doodsnikke.

Gollie ·

Hulle is op hulle gevaarlikste as hulle binne in die doelgebied is van hul opponente ek ken hulle jare so,veral as dit in die doodsnikke is soos Saterdag.WP sleg verras,was dit nie vir daardie laaste mis skop nie,was daar nie 10 minute buidekantenie.Dis nie WP se verdienste nie,maar dis enkel uit genade.BLOU BULLE BO

SjN ·

Met die laaste skop was die wp spelers kous oor die kop of trui oor die oe, was baie gelukkig om te wen. Hul sal moet sokkies optrek teen die sharks.

Jaco Pool ·

Egon Seconds het n baie goeie wedstryd op gemors en hierdie is weer n bewys dat as jy n “goeie speler” was, se dit nie jy gaan n goeie SKEIDREGTER maak nie.

BEIDE spanne het maar deurgeloop onder sy swak hantering – die BULLS het baie karakter gewys en ek is verseker dat hulle volgende jaar terug sal wees – SHARKS gaan n ander span weer Saterdag op Nuweland, hoop regtig W.P trek die ene deur.

Kry net n REF ……………………………….

Ag ASB tog BULLE ·

Vir al die Bulle wat so moan en groan oor die Ref die en die Ref daai almal weet julle is die BADSTE LOOSERS die bulle kon daai wedstryd wen in die laaste paar sekondes as die nr 10 kon skop en nou vou onder die druk nie. En as die bulle dalk nie so baie strafskoppe afgetsaan het nie en as die kaptein actually die reels ken van extra tyd nie kon hulle dalk nog wen . Wel gedaan WP jou LEKKER ding.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.