Wallis skrik nie vir Engeland op Twickenham

Wallis speel die naweek in ’n Sesnasies-wedstryd teen Engeland op Twickenham. (Foto: X/Wales Rugby)

Om teen Engeland op Twickenham te speel is nie meer ʼn bangmaakstorie vir Walliese rugbyspelers nie.

En nadat hul uitstekende terugvegpoging verlede naweek op die Principality-stadion so byna-byna vir Skotland gepootjie het, is die Rooi Drake sekerlik ook nie meer bang vir ʼn agterstand van 27–0 nie.

Ja, Wallis kon laas in 2012 ʼn Sesnasieswedstryd in Londen wen, maar Warren Gatland en kie beskik oor die vermoë om ʼn rugbyhaas uit die hoed te pluk.

Selfs op Twickenham.

Volgens Adam Jones weet die Walliese span dat hy homself vir ʼn Engelse storm op Twickenham moet staal.

“Die Rose gaan in ons gesigte wees en die toeskouers gaan hulle ook aanvuur. Maar sodra die ergste verby is, kom jy tot die besef dat hulle maar eintlik net soos die res van ons is,” het die voormalige Rooi Draak-stut gesê.

Jones meen dat die Rooidraak-voorspelers vuur met vuur moet beveg.

“As ons die druk kan hanteer en nie ʼn te groot voorsprong afstaan nie, kan ons goed vaar. Om teen Engeland op Twickenham te speel is nie meer so intimiderend nie.”

Wallis: Cameron Winnett (heelagter), Josh Adams (regtervleuel), George North (buitesenter), Nick Tompkins (binnesenter), Rio Dyoer (linkervleuel), Ioan Lloyd (losskakel), Tomos Williams (skrumskakel), Aaron Wainwright (agtsteman), Tommy Reffell (flank), Alex Man (flank), Adam Beard (slot), Dafydd Jenkins (slot), Keiron Assiratti (stut), Elliot Dee (haker) en Gareth Thomas (stut). Plaasvervangers: Ryan Elias, Corey Domachowski, Archie Griffin, Will Rowlands, Taine Basham, Kieran Hardy, Cai Evans en Mason Grady.

Bepalings:

Saterdag:

16:15: Skotland teen Frankryk

18:45: Engeland teen Wallis

Sondag:

17:00: Italië teen Ierland

Punteleer:

  1. Ierland: vyf punte
  2. Engeland: vier punte
  3. Skotland: vier punte
  4. Wallis: 2 punte
  5. Italië: 1 punte
  6. Frankryk: geen punte nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.