White kies wenspan teen Griekwas

Ruan Nortjé. (Foto: GB Jordaan.)

Jake White het die Blou Bulle se Curriebekerspan met die unie se Verenigde Rugbykampioenskap- en Kampioenebekersterre gelaai.

Die Pretorianers speel Vrydag teen Griekwas op Loftus Versfeld en nadat hulle vier wedstryde op ʼn streep in die plaaslike toernooi verloor het, sal hulle oorgehaal wees om ʼn wedstryd te wen.

Ruan Nortjé sal ʼn vyftiental aanvoer wat uit spelers soos Kurt-Lee Arendse, Canan Moodie, Stedman Gans, Elrigh Louw, Cyle Brink en Marco van Staden bestaan.

Die Bulle sal nie sommer hul vorige wedstryd teen die Poubloues vergeet nie: Dit was verlede jaar in die halfeindstryd van die Curriebekerreeks op die einste Loftus Versfeld en die Kimberley-manne het hul plek in die eindstryd met ʼn oorwinning van 30–19 bespreek.

White het gister die Curriebeker-afrigtersleisels by Edgar Marutlulle oorgeneem nadat die Pretorianers onder meer teen die Pumas en die Griffons vasgeval het.

“Ek sal hard saam met die afrigtersgroep (Gert Smal, Hugo van As en Sean Everitt) werk en ʼn manier vind om ons veldtog weer op koers te kry,” het die Pretorianers se Wêreldbeker-wenafrigter beloof.

Die wedstryd begin Vrydag om 17:00.

Blou Bulle: Kurt-Lee Arendse (heelagter), Canan Moodie (regtervleuel), Stedman Gans (buitesenter), Harold Vorster (binnesenter), David Kriel (linkervleuel), Chris Smith (losskakel), Embrose Papier (skrumskakel), Elrigh Louw (agtsteman), Cyle Brink (flank), Marco van Staden (flank), Ruan Nortjé (flank), Ruan Vermaak (slot), Mornay Smith (stut), Johan Grobbelaar (haker) en Gerhard Steenekamp (stut). Plaasvervangers: Bismarck du Plessis, Dylan Smith, Francois Klopper, Janko Swanepoel, Nizaam Carr, Keagan Johannes, Johan Goosen en Cornal Hendricks.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Manie ·

As die Bulle met hierdie URC span teen Griekwas verloor, moet hul maar in die Curriebeker B afdeling meeding.

Mike ·

Ek was toe reg. Daar kies hy die URC span. Welgedaan met jul ontwikkeling van spelers en afrigters – wel tekort daaraan. Ek sien Johann die verslaggewer is beslis n Jake ondersteuner met sy kommentaar. Wel, die Stormers het nie n werelkbeker afrigter nie – en hoe is Jake se rekord teen hul afrigter? Die tjekboek afrigter gaan sy laaste seisoen by bulle wees. Kom Griekwas!

piet ·

Is dit ‘n wenspan wat gekies is? Wanneer het hierdie “wenspan” laas gewen. Die Bulle is se sterkste span is ook nie op hierdie stadium ‘n wenspan sover ek weet nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.