Die rugbyhistorikus en -versamelaar Gideon Nieman soek hulp met die uitken van vier rugbyklubs se sakwapens.
Is daar dalk van Pale Toe! se lesers wat kan help?
Die een regs is duidelik die Sandford-rugbyklub se wapen, maar hy sal graag iets meer oor die klub te wete wil kom, soos waar dit geleë is/was.
Die ander hieronder bevat slegs afkortings – MRFC, WRFC en GM Rugby – en dis nie bekend watter klubs die wapens voer of gevoer het nie.
Hopelik is daar nog van die ouer geslag lesers wat selfs vir die betrokke klubs gespeel het.
Lesers wat kan help, kan regstreeks met Nieman by [email protected] in verbinding tree.