SA se Brad eindig sesde in San Marino GP

Brad Binder (Foto: Brian Cheyne)

Die Suid-Afrikaanse motorfietsrenjaer Brad Binder het Sondag sesde geëindig in die San Marino Grand Prix se Moto2-ren wat by die Misano World Circuit Marco Simoncelli beslis is.

Binder (KTM) het 8.952 sekondes agter Augusto Fernandez (Katex) geëindig, wat die ren oor 25 rondtes gewen het.

Fernandez het Fabio di Giannantonio (Speed Up) in die laaste rondte aan die binnekant van die 14de draai verbygesteek om die geruite vlag te ontvang. Hoewel hy liggies teen Di Giannantonio gebots het, het beamptes ná ʼn ondersoek besluit om geen verdere stappe teen Fernandez te doen nie.

Alex Marquez (Katex) was derde, gevolg deur Thomas Luthi (Katex), Sam Lowes (Katex) en dan Binder.

Marquez (197 punte) is steeds voor op die kampioenskapspunteleer, gevolg deur Fernandez (171) en Luthi (159), met Binder (135) in die vierde posisie.

* In die San Marino Grand Prix  (MotoGP) het die voorloper in vanjaar se reeks, Marc Marquez (Honda), vir Fabio Quartararo (Yamaha) in die voorlaaste rondte ingehaal en verbygesteek. Hy het die voorsprong prysgegee, maar in die 27ste en laaste rondte weer vir Quartararo verbygesteek en 0.903 sekondes voor hom geëindig.

Maverick Vinales (Yamaha) was derde.

* Marquez is nou met 93 punte voor op die kampioenskapspuntelys met net ses renne oor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hendrik ferreira ·

Julle nuus is miskien gratis maar die feite word gereeld aangepas om polities korrek te wees dus sal ek n bydra maak gelykstaande aan die feitelike korrekte nuus en dit gaan bitter min wees.

Vraagteken ·

En in ander nuus, my duim is vandag baie seer. Enige raad hoe ek hom gesond kan kry?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.