Stormers kry streepsuiker teen Benetton

Saterdag in Treviso was die Stormers rustyd met 11-7 voor teen Benetton, maar die tuisspan het met 22-18 gewen. (Foto: Twitter / @TheStormers)

Die wedstrydfiksheid en kondisionering van twee van die Suid-Afrikaanse spanne wat in die Verenigde Rugbykampioenskap speel, het die afgelope naweek veel te wense oorgelaat.

Nadat die Lions Vrydagaand in Parma met rustyd met 35-0 teen Zebre voor was, het hulle byna in die tweede helfte verbrou en kon net met 38-26 deurtrek.

Dit beteken dat die Lions net drie punte in die tweede helfte kon aanteken teenoor Zebre se 26.

Saterdag in Treviso was die Stormers rustyd met 11-7 voor teen Benetton, maar die tuisspan het met 22-18 gewen.

Dit dui daarop dat die Suid-Afrikaanse spanne ná die Reënboogbeker- en Curriebeker-reekse tam is en ʼn ruskans kort, maar ongelukkig sal al vier Suid-Afrikaanse spanne die volgende drie weke in Europa moet aanbly én speel.

Die Stormers het Saterdag in die lynstane gesukkel en drie lynstane afgestaan, hulle kon nie oorheers in die skrums nie en moes baie meer duikslae uitvoer… en hulle het ook baie meer gemis.

Hul besluitneming was ook nie van gehalte nie, want ʼn hele paar keer is die bal deur ʼn buiteagterspeler weggeskop.

Het skoprugby dan so belangrik geword dat dit flair onderdruk?

Die agterlyn was op die agtervoet en kon nie veel uitrig nie, want sonder besit kan jy maar gaan slaap.

Onthou ook gerus dat nie een van Zebre of Benetton (behalwe die verkorte Reënboogbekereeks wat Benetton teen alle verwagtinge in gewen het) die toonbeeld van krag in Europese rugby uitstraal nie.

Dus lê daar harde werk voor, want dit was ʼn onoortuigende vertoning deur die Stormers (en Vrydag ook die Lions).

Punte: Benetton 22 (7): Drieë: Gianmarco Lucchesi, Ivan Nemer, Tommaso Menoncello. Doelskoppe: Tomas Albornoz (2). Strafdoel: Albornoz.

Stormers 18 (18): Drieë: Rikus Pretorius, Ruhan Nel. Doelskop: Manie Libbok. Strafdoele: Libbok (2)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

twaalfboor ·

“Die SA spanne is tam”. Dis die grootste snert en flou verskoning. Hjlle is veronderstel om super fiks te wees na die curriebeker. Dis ñ “siekte” wat SA spanne het. Hulle dink ñ wedstryd is net 60min lank.

Willempie ·

Streepsuiker = pak slae. As hierdie wentelling ‘n pak slae is, dan wil ek graag weet wat die uitslag Benneton 35- Bulle 8 genoem word. Stormers definitief baie beter as die Bulletjies gevaar ???

Nico Strydom ·

Dagsê Willempie

Baie dankie, die berig is reeds gewysig.

Vriendelike groete
Maroela Media

Smoothie ·

“Hy het die klok hoor lui, maar hy weet nie waar die bel hang nie.” Om streepsuiker te kry, is om pak te kry. Om stroopsuiker te kry, gaan jou net soet laat. Dis soos om koeksisterstroop te eet. Benneton het die Bulls ‘n loesing gegee in die Noorde van Italië en nou vir die Stormers. Ons moenie vergeet nie, maar die einste Ulster, Leinster en Munster is die sterk spanne van Ierland en die reeks waaraan die Vrystaat voorheen deelgeneem het, voordat die Guinness reeks hul deelname beïndig het.

Ettienne ·

Dankie Willempie , beslis nie stroopsuikernie Maroela, maar inderdaad “streepsuiker”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.