Vandag se sportnuus

Superrugby

  • Drie Suid-Afrikaanse spanne is die naweek in aksie.
    • Die Sharks het ʼn loslootjie.
    • Die Stormers het twee veranderinge aan hul span aangebring vir hul wedstryd teen die Rebels. Pieter-Steph du Toit is terug op slot en Kobus van Dyk sal flank speel.
27HurricanesvSunwolvesWestpac Stadion09:35
27StormersvRebelsDHL Newlands15:05
28RedsvLionsSuncorp Stadion07:05
28BluesvJaguaresEden Park09:35
28BrumbiesvCrusadersGIO Stadion11:45
28BullsvHighlandersLoftus Versfeld17:15

Sewesrugby

  • Die agtste toernooi van die wêreldreeks word komende naweek in Singapoer gespeel. Die Blitsbokke se eerste wedstryd is Saterdagoggend teen Samoa.
28Suid-AfrikavSamoa06:06
28Suid-AfrikavKanada09:34
28Suid-AfrikavArgentinië13:00

Die eindstryd word Sondag om 14:00 Suid-Afrikaanse tyd gespeel. 

Gholf

  • In die Europese reeks het die spelers vanoggend afgeslaan in die Chinese Ope. 
  • In die VSA val die kollig die week op die Zurich Classic in Louisiana. Louis Oosthuizen, Charl Schwartzel en Rory Sabbatini sal in aksie wees. 
  • Die Zambiese Ope begin ook vandag. 

Motorwedrenne

  • Die Formule Een Grand Prix van Azerbaidjan word Sondag gejaag. Die eerste oefenrondes word môre gehou terwyl die kwalifisering vir die wegspringrooster Saterdag afgehandel word. 

Krieket

  • Een wedstryd is gister in die Indiese Premierliga AB de Villiers het 68 van net 30 balle gemoker en saam met Quinton de Kock 103 lopies aangeteken. Dit het egter nie verhoed dat hul span verloor nie.
25Royal Challengers Bangalorev Chennai Super KingsChennai wen met 5 paaltjies

Vandag word een wedstryd afgehandel.

26Sunrisers HyderabadvKings XI PunjabHyderabad16:30
27Delhi DaredevilsvKolkata Knight RidersDelhi16:30
28Chennai Super KingsvMumbai IndiansPune16:30

Tennis

  • Van die uitslae in ronde twee by die Barcelona Ope lyk só:
    • Rafael Nadal (Spa) bt Roberto Carballes Baena (Spa) 6-4 6-4
    • Martin Klizan (Svk) bt Novak Djokovic (Srb) 6-2 1-6 6-3
    • Dominic Thiem (Aus) bt Jaume Munar (Spa) 7-6 6-1
    • Grigor Dimitrov (Bul) bt Gilles Simon (Fra) 6-2 6-1

Atletiek

  • Caster Semenya se oorheersing van die middelafstande kan dalk iets van die verlede wees. Die IAAF het nuwe reëls bekend gemaak wat hoë vlakke van testosteroon in atlete verbied. Atlete kan egter medikasie gebruik om die vlakke te verlaag en dan weer toegelaat word om deel te neem. 

Sokker

  • In Eufa se Kampioeneliga is nog ʼn eerstebeen-halfeindstryd gisteraand gespeel. Real Madrid klop Bayern München met 2-1.
  • In die Engelse Premierliga word die naweek ʼn rits wedstryde afgehandel.
LiverpoolvStoke CityAnfield13:30
BurnleyvBrighton & Hove AlbionTurf Moor16:00
Crystal PalacevLeicester CitySelhurst Park16:00
SouthamptonvAFC BournemouthSt. Mary’s Stadion16:00
Newcastle UnitedvWest Bromwich AlbionSt. James’ Park16:00
Huddersfield TownvEvertonThe John Smith’s16:00
Swansea CityvChelseaLiberty Stadion18:30
  • In die Plaalike Premierliga is vyf wedstryde gisteraand gespeel.

Polokwane City       1-1      Cape Town City FC
Platinum Stars         1-2      AmaZulu FC
Orlando Pirates       4-0      Bidvest Wits
SuperSport United  3-2      Free State Stars
Maritzburg United   2-2      Mamelodi Sundown

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

supetsnert ·

Niks ooe pro 14 rugby nie? dis die toekoms superrugby is dood. morsdood

Buffel ·

Uiters onregverdig op Caster. Wat van ander items soos spiesgooi, diskus en gewigstoot? Die nuwe reels affekteer nie die items nie. Hoe gaan Caster nou verseker hy wen die middelafstande??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.