- Drie Suid-Afrikaanse spanne is die naweek in aksie.
- Die Sharks het ʼn loslootjie.
- Die Stormers het twee veranderinge aan hul span aangebring vir hul wedstryd teen die Rebels. Pieter-Steph du Toit is terug op slot en Kobus van Dyk sal flank speel.
27 | Hurricanes | v | Sunwolves | Westpac Stadion | 09:35 |
27 | Stormers | v | Rebels | DHL Newlands | 15:05 |
28 | Reds | v | Lions | Suncorp Stadion | 07:05 |
28 | Blues | v | Jaguares | Eden Park | 09:35 |
28 | Brumbies | v | Crusaders | GIO Stadion | 11:45 |
28 | Bulls | v | Highlanders | Loftus Versfeld | 17:15 |
Sewesrugby
- Die agtste toernooi van die wêreldreeks word komende naweek in Singapoer gespeel. Die Blitsbokke se eerste wedstryd is Saterdagoggend teen Samoa.
28 | Suid-Afrika | v | Samoa | 06:06 |
28 | Suid-Afrika | v | Kanada | 09:34 |
28 | Suid-Afrika | v | Argentinië | 13:00 |
Die eindstryd word Sondag om 14:00 Suid-Afrikaanse tyd gespeel.
Gholf
- In die Europese reeks het die spelers vanoggend afgeslaan in die Chinese Ope.
- In die VSA val die kollig die week op die Zurich Classic in Louisiana. Louis Oosthuizen, Charl Schwartzel en Rory Sabbatini sal in aksie wees.
- Die Zambiese Ope begin ook vandag.
Motorwedrenne
- Die Formule Een Grand Prix van Azerbaidjan word Sondag gejaag. Die eerste oefenrondes word môre gehou terwyl die kwalifisering vir die wegspringrooster Saterdag afgehandel word.
Krieket
- Een wedstryd is gister in die Indiese Premierliga AB de Villiers het 68 van net 30 balle gemoker en saam met Quinton de Kock 103 lopies aangeteken. Dit het egter nie verhoed dat hul span verloor nie.
25 | Royal Challengers Bangalore | v | Chennai Super Kings | Chennai wen met 5 paaltjies |
Vandag word een wedstryd afgehandel.
26 | Sunrisers Hyderabad | v | Kings XI Punjab | Hyderabad | 16:30 |
27 | Delhi Daredevils | v | Kolkata Knight Riders | Delhi | 16:30 |
28 | Chennai Super Kings | v | Mumbai Indians | Pune | 16:30 |
Tennis
- Van die uitslae in ronde twee by die Barcelona Ope lyk só:
- Rafael Nadal (Spa) bt Roberto Carballes Baena (Spa) 6-4 6-4
- Martin Klizan (Svk) bt Novak Djokovic (Srb) 6-2 1-6 6-3
- Dominic Thiem (Aus) bt Jaume Munar (Spa) 7-6 6-1
- Grigor Dimitrov (Bul) bt Gilles Simon (Fra) 6-2 6-1
Atletiek
- Caster Semenya se oorheersing van die middelafstande kan dalk iets van die verlede wees. Die IAAF het nuwe reëls bekend gemaak wat hoë vlakke van testosteroon in atlete verbied. Atlete kan egter medikasie gebruik om die vlakke te verlaag en dan weer toegelaat word om deel te neem.
Sokker
- In Eufa se Kampioeneliga is nog ʼn eerstebeen-halfeindstryd gisteraand gespeel. Real Madrid klop Bayern München met 2-1.
- In die Engelse Premierliga word die naweek ʼn rits wedstryde afgehandel.
Liverpool | v | Stoke City | Anfield | 13:30 |
Burnley | v | Brighton & Hove Albion | Turf Moor | 16:00 |
Crystal Palace | v | Leicester City | Selhurst Park | 16:00 |
Southampton | v | AFC Bournemouth | St. Mary’s Stadion | 16:00 |
Newcastle United | v | West Bromwich Albion | St. James’ Park | 16:00 |
Huddersfield Town | v | Everton | The John Smith’s | 16:00 |
Swansea City | v | Chelsea | Liberty Stadion | 18:30 |
- In die Plaalike Premierliga is vyf wedstryde gisteraand gespeel.
Polokwane City 1-1 Cape Town City FC
Platinum Stars 1-2 AmaZulu FC
Orlando Pirates 4-0 Bidvest Wits
SuperSport United 3-2 Free State Stars
Maritzburg United 2-2 Mamelodi Sundown
Testosteroon is seker n goeie smeermiddel vir ball bearings.
Niks ooe pro 14 rugby nie? dis die toekoms superrugby is dood. morsdood
Uiters onregverdig op Caster. Wat van ander items soos spiesgooi, diskus en gewigstoot? Die nuwe reels affekteer nie die items nie. Hoe gaan Caster nou verseker hy wen die middelafstande??