- Op die jongste punteleer beklee vier spanne van Nieu-Seeland die boonste ses posisies.
Pos | Span | G | W | Ge | V | Pv | Pt | Pver | Pte |
1 | Crusaders | 9 | 7 | 0 | 2 | 267 | 160 | 107 | 33 |
2 | Lions | 10 | 6 | 0 | 4 | 343 | 278 | 65 | 31 |
3 | Waratahs | 8 | 5 | 1 | 2 | 248 | 207 | 41 | 24 |
4 | Hurricanes | 8 | 7 | 0 | 1 | 267 | 145 | 122 | 32 |
5 | Highlanders | 8 | 6 | 0 | 2 | 239 | 183 | 56 | 28 |
6 | Chiefs | 8 | 6 | 0 | 2 | 249 | 182 | 67 | 26 |
7 | Rebels | 9 | 4 | 0 | 5 | 257 | 248 | 9 | 21 |
8 | Jaguares | 10 | 5 | 0 | 5 | 234 | 285 | -51 | 20 |
9 | Bulls | 9 | 4 | 0 | 5 | 241 | 234 | 7 | 20 |
10 | Stormers | 10 | 4 | 0 | 6 | 265 | 298 | -33 | 18 |
11 | Sharks | 9 | 3 | 1 | 5 | 258 | 277 | -19 | 18 |
12 | Reds | 9 | 4 | 0 | 5 | 170 | 241 | -71 | 17 |
13 | Brumbies | 9 | 3 | 0 | 6 | 183 | 227 | -44 | 15 |
14 | Blues | 9 | 2 | 0 | 7 | 225 | 288 | -63 | 13 |
15 | Sunwolves | 9 | 0 | 0 | 9 | 177 | 370 | -193 | 2 |
- Die Lions se uithalerflank, Jaco Kriel, het aangekondig dat hy vir Gloucester in die Engelse Premierliga gaan speel. Hy sluit hom dus by die voormalige Lions-afrigter, Johan Ackermann, se span aan.
Sewesrugby
- Die agtste toernooi van die wêreldreeks is die naweek in Singapoer gespeel. Daar bly nou net twee rondes oor met Fidji wat tans die nuwe voorloper op die punteleer is.
- Fidji (145)
- Suid-Afrika (141)
- Nieu-Seeland (120)
- Australië (108)
- Kenia en VSA (93)
Die volgende toernooi word oor ʼn maand in Londen gespeel.
Junior Bokke
- Suid-Afrika se span het in Edinburgh aangekom vir ʼn toer ter voorbereiding van die20-Wêreldbekertoernooi wat op 30 Mei afskop. Hulle sal in die toer teen Wallis en Engeland speel.
Gholf
- Sergio Garcia sal vanjaar weer by die Nedbank Gholf-uitdaging in aksie wees. Dit sal Garcia se eerste verskyning op Sun City wees sedert 2013.
- Op die jongste wêreldranglys is Louis Oosthuizen steeds die voorste Suid-Afrikaner.
Pos | Speler | Toernooie | Punte |
1 | Dustin Johnson | 45 | 9.4265 |
2 | Justin Thomas | 50 | 9.3894 |
3 | Jon Rahm | 46 | 8.4913 |
4 | Jordan Spieth | 48 | 8.4870 |
5 | Justin Rose | 45 | 7.3095 |
30 | Louis Oosthuizen | 43 | 3.2820 |
35 | Branden Grace | 52 | 3.0508 |
53 | Dylan Frittelli | 52 | 2.3526 |
Motorwedrenne
- Die Formule Een Grand Prix van Azerbaidjan is Sondag gejaag. Lewis Hamilton het met sy oorwinning die voortou op die punteleer geneem.
Pos | Renjaer | Span | Pte |
1 | Lewis Hamilton | Mercedes GP | 70 |
2 | Sebastian Vettel | Ferrari | 66 |
3 | Kimi Raikkonen | Ferrari | 48 |
4 | Valtteri Bottas | Mercedes GP | 40 |
5 | Daniel Ricciardo | Red Bull | 37 |
6 | Fernando Alonso | McLaren | 28 |
7 | Nico Hulkenberg | Renault | 22 |
8 | Max Verstappen | Red Bull | 18 |
9 | Sergio Perez | Force India | 15 |
10 | Carlos Sainz | Renault | 13 |
Krieket
- Een wedstryd is gister in die Indiese Premierliga gespeel.
1 | Royal Challengers Bangalore | v | Mumbai Indians | T20 | Bangalore wen met 14 lopies |
Vandag word een wedstryd afgehandel.
2 | Delhi Daredevils | v | Rajasthan Royals | Delhi | 16:30 |
3 | Kolkata Knight Riders | v | Chennai Super Kings | Kolkata | 16:30 |
4 | Kings XI Punjab | v | Mumbai Indians | Stadium, Indore | 16:30 |
5 | Chennai Super Kings | v | Royal Challengers Bangalore | Pune | 12:30 |
5 | Sunrisers Hyderabad | v | Delhi Daredevils | Hyderabad | 16:30 |
Tennis
Suid-Afrika se Kevin Anderson is hierdie week eerste gekeur by die Estoril Ope in Portugal. Anderson het ʼn loslootjie in die eerste ronde gehad.
Sokker
- In Eufa se Kampioeneliga is die tweedebeen-halfeindstryd gisteraand gespeel.
- Real Madrid het vir die derde jaar agtereenvolgens die eindstryd gehaal ná ʼn gelykop uitslag van 2-2 teen Bayern München en ʼn saamgestelde oorwinning van 4-3.
- Vanaand speel Roma teen Liverpool in die ander tweedebeen-halfeindstryd.
- In Engeland is Liverpool se Egiptiese speler, Mohamed Salah, deur die sokkerskrywers as die sokkerspeler van die jaar Salah is ook vroeër deur die spelersvereniging as die speler van die jaar aangewys.
En in onverwante nuus het n onbekende spannetjie, die Cheetahs deurgedring na die kwart eindronde van die Pro 14 rugby reeks.
So jammer jy hoor dit nou eers – moes Sondag Maroela gelees het. Dit is nou al Woensdag.