- Die eerste toernooi in die Wêreldreeks is die naweek in Dubai gespeel. In die groepfase het die Blitsbokke met Zimbabwe en Samoa afgereken, maar teen Argentinië verloor. In die kwarteind het Suid-Afrika pak gekry teen Engeland (22-5). Daarna het die Blitsbokke vir Skotland met 29-0 afgestof, maar in die uitspeel om die vyfde plek het Fidji ons met 24-19 geklop. Dié toernooi is deur Nieu-Seeland gewen wat met die VSA (21-5) in die eindstryd afgereken het.
- Suid-Afrika se vrouespan het in die uitnodigingstoernooi van die seweskompetisie in Dubai gespeel. Suid-Afrika het die eindstryd gehaal waar die span deur Japan met 31-5 geklop is.
Rugby
- Die Barbarians het Saterdag op Twickenham teen Argentinië gespeel en met 38-35 gewen. Lood de Jager was die uithalerspeler vir die Barbarians en was een van 13 Bokke in die groep.
- In die Pro14-reeks is ses wedstryde afgehandel.
Munster 44–14 Edinburgh
Ospreys 43–0 Zebre
Ulster 16–12 Cardiff Blues
Kings 19–22 Benetton Treviso
Dragons 10–59 Leinster
Glasgow Warriors 29–20 Llanelli Scarlets
Cheetahs 17–21 Connacht
Krieket
- Twee wedstryde is gister in die Mzansi Superliga
Die Paarl Rocks het Durban Heat met nege paaltjies geklop.
Jozi Stars klop die NMB Giants met 81 lopies.
- Die derde en finale toets tussen Nieu-Seeland en Pakistan begin vandag in Abu Dhabi.
- Bangladesj het die tweede toets teen die Wes-Indiese Eilande met ʼn beurt en 184 lopies gewen om dié reeks met 2-0 te verower.
Gholf
- Die Mauritius Ope is by die Four Seasons Gholfklub naby Anahita afgehandel.
1 Kurt Kitayama -20
2 Chikkarangappa S -18
Matthieu Pavon -18
4 Justin Harding -17
5 Dylan Frittelli -16
- In die Bahamas is die die Hero-Wêrelduitdaging afgehandel.
1 Jon Rahm -20
2 Tony Finau -16
3 Justin Rose -15
4 Henrik Stenson -14
- In Australië is die Australiese PGA
1 Cameron Smith -16
2 Marc Leishman -14
3 Ross Mcgowan -11
Matthew Millar -11
Netbal
- By die Diamant-uitdaging in Limpopo het die Proteas Saterdag in die laaste wedstryd teen Zimbabwe gespeel en met 73-44 geseëvier. Daarmee het die Proteas al hul wedstryde in die reeks gewen.
- Twee ander wedstryde is ook afgehandel.
Botswana 35–58 SA Presidentspan
Zambië 68–36 Namibië
Hokkie
- Die Proteas se manspan het gister in sy tweede wedstryd by vanjaar se Wêreldbekertoernooi teen Kanada gespeel. Dié wedstryd het met een elk gelykop geëindig. Indië en België het in die ander Groep C-wedstryd kragte gemeet en die telling was 2-2.
Sokker
- In die Engelse Premierliga is drie wedstryde gister gespeel.
Chelsea 2–0 Fulham
Arsenal 4–2 Tottenham Hotspur
Liverpool 1–0 Everton
- In die plaaslike Premierliga is twee wedstryde gister afgehandel.
SuperSport 1 Mamelodi Sundowns 2
Bloemfontein Celtic 1 Polokwane City 2
- Banyana Banyana het Saterdag in die eindstryd van die Afrikabeker teen Nigerië gespeel en in ʼn doeluitskietstryd met 4-3 pak gekry.