Vandag se sportnuus

Chad le Clos. Foto: AP Photo/Michael Sohn

Swem

Gister was dag drie van FINA se Kortbad-wêreldkampioenskap in China. Chad le Clos het Suid-Afrika se 3de medalje ingeoes deur die 100 m‑vlinderslag in 48.50 sekondes te wen. Vandag sal Le Clos in aksie wees in die 50 m‑vlinderslag en môre in die 100 m‑vryslag. Erin Gallagher het agtste in die 100 m‑vryslag geëindig.

  • FINA het aangekondig dat ʼn nuwe Kampioene-reeks met ʼn prysgeld van R55 miljoen tussen Maart en Mei aangebied gaan word.

Gholf

  • Die Alfred Dunhill-kampioenskap se eerste ronde is gister op ʼn baie warm Leopard Creek afgehandel. Oliver Bekker is die voorloper op 66 wat 6 houe onder die baansyfer is. Daar is net vier Suid-Afrikaners se name onder die top‑twaalf spelers.

-6 Oliver Bekker

-5 Dimitrios Papadatos (AUS)

-4 Raphael Jacquelin (FRA)

-3 David Drysdale (SKO), Darren Fichardt, Dylan Frittelli, Liam Johnston (SKO), Robert Karlsson (SWE), Espen Kofstad (NOR), Pablo Larrazabal (SPA), Hyowon Park (KOR), Brandon Stone

Ander tellings:

-1 Louis Oosthuizen

+1 Ernie Els, Branden Grace, Charl Schwartzel

  • Die Sonskynreeks vir vroue sal aan die einde van Januarie begin en sewe toernooie sal tot middel Maart aangebied word.

Rugby

  • Eben Etzebeth van Suid-Afrika en Nehe Milner-Skudder van Nieu-Seeland sal hulle ná aanstaande jaar se Wêreldbeker by Toulon aansluit.
  • Die All Blacks se afrigter, Steve Hansen, het aangekondig dat hy ná die Wêreldbeker gaan uittree.

Krieket

  • Pakistan se krieketspan het gister in Suid-Afrika aangekom vir hul reeks teen die Proteas. Dié reeks bestaan uit drie toetse, vyf eendagwedstryde en drie T20-wedstryde.
  • Die tweede toets tussen Australië en Indië het vanoggend in Perth begin. Australië het die loot gewen en kolf eerste. Umesh Yadav en Hanuma Vihari is die twee nuwe spelers in Indië se span.
  • Bangladesj en die Windies speel vandag in hul derde en beslissende eendagkragmeting teen mekaar.
  • Die Mzansi Superliga se kwalifiseringswedstryd word vanaand om 19:00 tussen die Jozi Stars en die Paarl Rocks op die Wanderers gespeel. Die wenner speel Sondag in die eindstryd teen die Cape Town Blitz in Kaapstad.

Op die finale punteleer het die Cape Town Blitz eerste geëindig.

1 Cape Town Blitz 30

2 Jozi Stars 29

3 Paarl Rocks 22

4 Nelson Mandela Bay Giants 21

5 Tshwane Spartans 16

6 Durban Heat 14

Hokkie

  • By die mans se Wêreldbekertoernooi in Indië is die laaste twee kwarteindstryde gister afgehandel.

Duitsland 1–2 België

Indië 1–2 Nederland

Die halfeindstryde word môre gespeel en die eindstryd Sondag.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga word môre sewe wedstryde beslis.

Manchester City 14:30 Everton

Watford 17:00 Cardiff City

Huddersfield Town 17:00 Newcastle United

Wolverhampton Wanderers 17:00 Bournemouth

Crystal Palace 17:00 Leicester City

Tottenham Hotspur 17:00 Burnley

Fulham 19:30 West Ham United

  • In die plaaslike Premierliga word een wedstryd vanaand gespeel.

Chippa United 20:00 Polokwane City

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.