Vandag se sportnuus

Rafael Nadal in aksie tydens die Australiese Ope. Foto: AP Photo/Aaron Favila

Tennis

  • Die Australiese Ope het gister in Melbourne begin.
    • Van die mansspelers wat hul eerste ronde wedstryde gewen het, sluit in (2) Rafael Nadal, (3) Roger Federer, (5) Kevin Anderson van Suid-Afrika asook (6) Marin Čilić. John Isner (9) is egter in die eerste ronde uitgeskakel. Suid-Afrika se Lloyd Harris is vanoggend in die eerste ronde in skoon stelle deur (15) Daniil Medvedev verslaan.
  • In die vroue-afdeling was daar oorwinnings vir (2) Angelique Kerber, (3) Caroline Wozniacki, (5) Sloane Stephens asook (8) Petra Kvitová.
  • In die dubbelspel is Suid-Afrika se Raven Klaasen en Michael Venus sesde gekeur en hulle speel môre hul eerste wedstryd.

Motorwedrenne

  • Die 41ste Dakar-tydren se sewende skof is gister in Peru gejaag.
  • In die motorafdeling het Stephane Peterhansel (Mini) eerste geëindig, met Nasser Al-Attiyah (Toyota) vierde en Giniel de Villiers sesde. Nasser Al-Attiyah (Toyota) se algehele voorsprong is 28 minute met net drie skofte wat oorbly.  Stephane Peterhansel (Mini) beklee die tweede plek en Nani Roma is derde. Giniel de Villiers van Suid-Afrika (Toyota) is algeheel 13de.
  • In die motorfietsafdeling is Ricky Brabec (Honda) die nuwe voorloper.

Krieket

  • Die Proteas en Pakistan se derde en finale toets het gister op dag vier op die Wanderers in Johannesburg ten einde geloop. Suid-Afrika het Pakistan in hul tweede beurt vir 273 uitgeboul wat aan die Proteas ʼn oorwinning van 107 lopies gegee het. Pakistan se teiken was 381. Suid-Afrika maak daarmee skoonskip en palm die reeks met 3–0 in.
    • Quinton de Kock is as speler van die wedstryd aangewys na sy 129 lopies in die tweede beurt.
    • Duanne Olivier het 24 paaltjies in die reeks geneem en is as speler van die reeks aangewys.

Suid-Afrika 262 & 303

Pakistan 185 & 273 (teiken 381)

Die eerste eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Pakistan word Saterdag in Port Elizabeth gespeel.

  • Op die jongste wêreldranglys vir toetsspelende lande is Suid-Afrika nou tweede.
  1. Indië 116
  2. Suid-Afrika 110
  3. Engeland 108
  4. Nieu-Seeland 107
  5. Australië 101
  6. Sri Lanka 91
  7. Pakistan 88
  8. Wes-Indiese Eilande 70
  • Australië en Indië se tweede eendagwedstryd word vandag in Adelaide gespeel.
  • In die plaaslike meerdagreeks het drie wedstryde gister begin.

Kaapstad 

Cape Cobras 239

Warriors 60/3

Benoni

Titans 160/7 (48 bb)

Lions

Pietermaritzburg 

Dolphins 330/6 (96 bb)

Knights

Netbal

  • In die vierhoekige reeks in Liverpool speel Suid-Afrika later die week teen Nieu‑Seeland en ook Engeland.

Gholf

  • Ná die Sony Ope in Hawaii is Justin Rose steeds eerste op die wêreldranglys.

1 Justin Rose

2 Brooks Koepka

3 Dustin Johnson

4 Justin Thomas

5 Bryson DeChambeau

26 Louis Oosthuizen 

51 Branden Grace

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is gister een wedstryd afgehandel.

Manchester City 3–0 Wolverhampton Wanderers

  • In die Plaaslike Premierliga is Wits steeds voor op die punteleer.

1 Bidvest Wits 33

2 Orlando Pirates 31

3 Polokwane City 26

4 Mamelodi Sundowns 25

5 Bloemfontein Celtic 25

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.