Vandag se sportnuus

Novak Djokovic (links) word gelukgewens deur die VSA se Mitchell Krueger nadat hy sy eerste ronde wedstryd by die Australiese Ope in Melbourne, Australië gewen het. Foto: Kin Cheung/AP

Tennis

  • Die Australiese Ope het gister sy tweede dag in Melbourne beleef.
    • Van die manspelers wat hul eerste ronde wedstryde gewen het sluit in (1) Novak Djokovic, (7) DominicThiem en (8) Kei Nishikori.
  • In die vroue-afdeling was daar oorwinnings vir (1) Simona Halep, (4) Naomi Osaka en (6) Elina Svitolina.
  • Vandag speel (5) Kevin Anderson in die tweede ronde teen die ongekeurde Frances Tiafoe van Amerika. In die dubbelspel is Suid-Afrika se Raven Klaasen en Michael Venus sesde gekeur en hulle speel ook vandag in hul eerste wedstryd. 

Motorwedrenne

  • Die 41ste Dakar-tydren se agtste skof is gister in Peru gejaag.
    • In die motorafdeling het Sebastien Loeb (Peugeot) sy vierde skof-oorwinning van die tydren behaal. Nasser Al-Attiyah (Toyota) was tweede en Giniel de Villiers vierde. Nasser Al-Attiyah se algehele voorsprong is nou 46 minute met net twee skofte wat oorbly. Nani Roma is in die tweede plek. Giniel de Villiers van Suid-Afrika (Toyota) is algeheel tiende.
  • In die motorfietsafdeling is Toby Price (KTM) die voorloper met Pablo Quintanilla tweede. 

Krieket

  • Die Proteas en Pakistan se eerste eendagwedstryd word Saterdag in Port Elizabeth gespeel. Dié twee lande sal in vyf eendagwedstryde en drie T20-wedstryde kragte meet.
  • Op die jongste wêreldranglys vir eendagspanne is Suid-Afrika tans vierde.

1 Engeland 126
2 Indië 119
3 Nieu-Seeland 113
4 Suid-Afrika 111
5 Pakistan 102
6 Australië 101
7 Bangladesj 93
8 Sri Lanka 78
9 Wes-Indiese Eilande 72
10 Afganistan 67

  • Australië en Indië se tweede eendagwedstryd is gister in Adelaide gespeel.

Australië 298/9
Indië 299/4 (49.2/50 bb, teiken was 299)

Indië wen met 6 paaltjies (met 4 balle oor) Virat Kohli het sy 39ste honderdtal aangeteken. 

  • In die plaaslike meerdagreeks het drie wedstryde gister hul tweede dag beleef.

Kaapstad

Cape Cobras 239 en 105/2
Warriors 343

Cobras is met een lopie voor met agt paaltjies staande. 

Benoni

Titans 229
Lions 272/4

Lions is 43 lopies voor met ses paaltjies staande. 

Pietermaritzburg

Dolphins 330/6 (96 bb)
Knights

Geen spel was moontlik nie as gevolg van reën. 

Die Kings se haker, Michael Willemse. Foto: Twitter via @SouthernKingsSA

Rugby

  • Die Kings se haker, Michael Willemse, het bevestig dat hy in gesprek is met die Skotse span Edinburgh. 

Swem

  • FINA het aangekondig dat dié liggaam voortaan swemmers sal toelaat om aan onafhanklike kompetisies deel te neem. Van die wêreld se top-swemmers kla die afgelope tyd dat hulle meer geld wil verdien. 

Atletiek

Caster Semenya se afrigter het gister gesê dat hulle daarop fokus om die wêreldrekord in die 800 m vanjaar te verbeter. Dié rekord staan sedert 1983 agter die naam van Jarmila Kratochvílova (Tjeg) op 1:53.28. 

Netbal

  • In die vierhoekige-reeks in Liverpool speel Suid-Afrika later die week teen Nieu Seeland en ook Engeland. 

Gholf

  • Die kollig val dié week op Abu Dhabi se HSBC-kampioenskap wat vandag in dié Verenigde Arabiese Emiraat afskop en wat deel is van die Europese Toer. Die eerste drie spelers om 07:20 op die bof is Suid-Afrika se Justin Walters wat saam met Liam Johnston en David Horsey afslaan. 
  • In Amerika begin die Career Builder Uitdaging môre op La Quinta in Kalifornië. 

Jurgen Klopp (regs), bestuurder van Liverpool, en Mohamed Salah oomblikke ná die Engelse Premierliga-kragmeting tussen Brighton & Hove Albion en Liverpool by die Amex-stadion in Brighton, Engeland (12 Januarie 2019). Foto: Gareth Fuller/PA via AP

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is Liverpool steeds die voorlopers op die punteleer.

1 Liverpool 57
2 Manchester City 53
3 Tottenham Hotspur 48
4 Chelsea 47
5 Arsenal 41
6 Manchester United 41

  • In die Plaaslike Premierliga word daar vanaand drie wedstryde gespeel.

Cape Town City 19:30 Free State Stars
Mamelodi Sundowns 19:30 Maritzburg United
AmaZulu 19:30 Kaizer Chiefs

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.