Vandag se sportnuus

Beauden Barrett (Foto: dailytelegraph.com.au)

Rugby:

  • Die All Blacks-breier, Steve Hansen, het ’n interessante keuse gemaak deur Beauden Barrett (heelagter) en Richie Mo’unga (losskakel) vir die naweek se toets teen die Springbokke te kies.

Ben Smith sal dan na regtervleuel skuif.

All Blacks: Beauden Barrett (heelagter), Ben Smith (regtervleuel), Jack Goodhue (buitesenter), Sonny Bill Williams (binnesenter), Rieko Ioane (linkervleuel), Richie Mo’unga (losskakel), TJ Perenara (skrumskakel), Kieran Read (kaptein en agtsteman), Matt Todd (flank), Shannon Frizell (flank), Sam Whitelock (slot), Brodie Retallick (slot), Owen Franks (stut), Codie Taylor (haker), Joe Moody (stut). Plaasvervangers: Dane Coles, Ofa Tu’ngafasi, Angus Ta’avao, Vaea Fifita, Dalton Papalii, Aaron Smith, Anton Lienert-Brown, George Bridge.

  • Daar word hierdie naweek drie Curriebeker-wedstryde gespeel. Vrydagaand (19:15) pak die Blou Bulle en die Pumas mekaar, terwyl die Cheetahs en die Griekwas Saterdag (15:00) teen mekaar speel. Later die middag (17:15) is die WP teen die Leeus in aksie.

Krieket:

  • Engeland is gister op Lord’s vir ’n skamele 85 deur Ierland uitgeboender. Dit is die Engelse se laagste telling in ’n toets op tuisbodem sedert 1997.

Die Iere se 37-jarige openingsbouler, Tim Murtagh, se naam is op die Lord’s ererol geskryf te danke aan sy puik ontleding van 5/13.

Netbal:

  • Suid-Afrika se Lenize Potgieter het die derde meeste doele in vanjaar se Wêreldbeker-netbaltoernooi gesink. Sy was suksesvol met 271 doele.
  • In dieselfde toernooi het Bongi Msomi die derde Suid-Afrikaanse speler geword om 100 wedstryde vir haar land te speel. Die ander twee is Erin Burger en Maryka Holtzhausen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Frans C ·

Met soveel aanvallende spelers in die All Blackspan,lyk dit vir my of hul die Springbokke van hul voete gaan probeer hardloop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.