Vandag se sportnuus

Amerika se Rich Froning is die enigste persoon om die individuele CrossFit-kompetisie vir vier agtereenvolgende jare te wen. Sedertdien het hy ook die spankompetisie drie keer saam met CrossFit Mayhem gewen. Foto: Facebook.

CrossFit:

  • Hoe weet jy iemand doen Crossfit? Hulle sê dit waarskynlik vir jou, want mens kan nie sien hulle doen dit nie. Tog is dit steeds een van die gewildste sportsoorte ter wêreld en alle oë skuif vandag na Madison in die VSA waar die jaarlikse spele begin.
  • Suid-Afrika het vier atlete wat gaan deelneem, met Dina Swift en Jason Smith wat saam met top-atlete soos Mat Fraser en Katrin Davidsdottir sal skouers skuur.
  • Indien Fraser vanjaar weer wen, sal hy saam met Rich Froning die enigste deelnemer wees om die Spele vir vier jaar agtereenvolgens te wen.
  • Jy kan die aksie vandag vanaf 17:00 op games.crossfit.com volg.

Krieket:

  • Die eerste aflewering van die wêreld se toetskrieket-kampioenskap word vandag op Edgbaston afgestuur wanneer Engeland en Australië mekaar in die eerste toets in die Reeks om die As pak.
  • Hoewel hy die voorste bouler by die Wêreldbeker-toernooi was, sal Mitchell Starc waarskynlik nie in die Aussies se beginspan wees nie. James Pattinson sal sy eerste As-toets sedert 2013 speel.
  • David Warner, Steve Smith en Cameron Bancroft sal almal hul eerste toetswedstryd speel sedert hulle verlede jaar vir balpeutery op Nuweland geskors is.
  • Engeland: Jason Roy, Rory Burns, Joe Root (kaptein), Joe Denly, Jos Buttler, Ben Stokes, Jonny Bairstow (paaltjiewagter), Moeen Ali, Chris Woakes, Stuart Broad, James Anderson.
  • Australië (moontlik): David Warner, Cameron Bancroft, Usman Khawaja, Steve Smith, Travis Head/Mitchell Marsh, Matthew Wade, Tim Paine (kaptein en paaltjiewagter), Pat Cummins, James Pattinson, Nathan Lyon, Peter Siddle/Josh Hazlewood.

Rugby:

  • Manie Libbok sal op losskakel vir die Blou Bulle in hul Curriebeker-wedstryd teen die Griekwas op Loftus Versfeld begin.
  • Blou Bulle: Divan Rossouw (heelagter), Cornal Hendricks (regtervleuel), Dylan Sage (buitesenter), Johnny Kotze (binnesenter), Rosko Specman (linkervleuel), Manie Libbok (losskakel), Embrose Papier (skrumskakel), Tim Agaba (agtsteman), Marco van Staden (flank), Ruan Steenkamp (kaptein en flank), Ruan Nortje (slot), Andries Ferreira (slot), Wiehahn Herbst (stut), Jaco Visagie (haker), Simphiwe Matanzima (stut). Plaasvervangers: Johan Grobbelaaar, Dayan van der Westhuizen, Conraad van Vuuren, Adre Smith, Wian Vosloo, Marnitz Boshoff, Stedman Gans.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jaco ·

Johann, dis n lekker grappie om te gebruik veral onder die Cisco manne (Hulle sal weet) Feit is dat iemand wat Crossfit en nie rondval nie jy beslis dit sal kan sien hulle het nie nodig om dit op hul mou te dra nie. Grappie is meer van toepassing op die wanna be klomp wat hulle met Crossfit wil assosieer omdat dit “in” is. PS – Nee ek Crossfit nie

HAB ·

Crossfit is regtig een van die die beste fitness opsies wat daar is, 3 jaar crossfit gedoen, enigste rede hoekom ek nou weer gym is omdat die crossfit boxes (gyms) baie duur is. Dit is net vir die wat die memberships kan bekostig. En dit is die probleem. Sad but true.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.