Vandag se sportnuus

Foto: Cheetahs/Twitter

Rugby:

  • Die Vrystaatse Cheetahs begin hul Guinness Pro-veldtog môre teen die Glasgow Warriors in Bloemfontein.
  • Franco Smith, wat binnekort die leisels van Italië se nasionale span gaan oorneem, sal nog ’n ruk in Bloemfontein aanbly, terwyl Hawies Fourie op die herstelpad ná ’n operasie is.
  • Afskoptyd is Vrydag om 19:05.
  • Die Kings begin ook hul veldtog dié naweek wanneer hulle Saterdag die Cardiff Blues in Port Elizabeth aanvat.
  • In die Wêreldbeker-rugbytoernooi word twee wedstryde vandag beslis. Om 09:45 sal Italië teen Kanada kragte meet, terwyl Engeland en die VSA om 12:45 teen mekaar speel.
  • Samoa (Groep A), Italië (Groep B), Engeland (Groep C) en Wallis (Groep D) is die voorlopers in die onderskeie groepe.

Krieket:

  • Die Proteas speel vandag in ’n opwarmingswedstryd teen ’n Indiese uitnodigingspan.
  • Die komende toetsreeks teen die Indiërs sal die Proteas se eerste reeks in Asië sonder die dienste van AB de Villiers en Hashim Amla wees.
  • Dié duo het onderskeidelik teen gemiddelde van 54.56 en 47.66 in Asië gekolf. Ander Protea-kolwers sal hul sokkies moet optrek indien die Suid-Afrikaners die tuisspan op die agtervoet wil plaas.
  • Dean Elgar (24.29), Faf du Plessis (22.38), Temba Bavuma (29.00), Quinton de Kock (19.66) en Aiden Markram (10.00) vaar nie té waffers in dié toestande nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.