Vandag se sportnuus

Foto: (AP Photo/Rajanish Kakade)

Krieket:

  • In ’n tyd waarin ʼn mens sukkel om positief te wees oor Suid-Afrikaanse krieket, is enige brokkie goeie nuus iets om op trots te wees.

Die Mzansi Superliga begin amptelik op 8 November wanneer die Jozi Stars en die Cape Town Blitz mekaar op die Wanderers-stadion aandurf.

Kaartjies is te koop by Ticketpro en is van R60 beskikbaar.

  • Intussen het die uitvoerende hoof van Krieket Suid-Afrika, Thabang Moroe, ondersteuners gevra om geduldig met die Proteas te wees.

Die Suid-Afrikaners het ’n nagmerrie-toer in Indië en het die tweede toets in Pune met ’n beurt en 137 lopies verloor.

“Ons is sonder die dienste van top-spelers soos AB de Villiers, Hashim Amla, Dale Steyn en Morné Morkel – spelers wat gesamentlik ongeveer 450 toetse tussen hulle gespeel het. ’n Mens kan nie dié soort ervaring oornag vervang nie en ons moet die nuwe generasie spelers die geleentheid gee om hul voete te vind,” het Moroe gesê.

Sokker:

  • Die internasionale sokkersensasie Cristiano Ronaldo het sy 700ste doel in die kragmeting tussen Oekraïne en Portugal aangeteken.

Ten spyte van die Ronaldo-feesviering het Portugal die wedstryd met 2-1 verloor.

Rugby:

  • Die Cheetahs is eerste op die punteleer in Afdeling A van die Guinness Pro14-reeks.

Die Vrystaters is saam met Leinster die enigste onoorwonne spanne in dié afdeling, maar hul beter punteverskil sorg dat hulle eerste staan, met die Europese span in die tweede plek.

Die Kings loop met die houtlepel in Afdeling B van die reeks rond.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hennie ·

Hoe lank moet sekere spelers nog nulletjies kry voor hulle uit die span gegooi word. Hulle kan ook net soveel kere op hulle louere rus!!!!

Hennie ·

Gelukkig is die Cheetahs darem een ligpuntjie in die donker tonnel sover!!!

Kiepie ·

In elk geval vir solank die Ierse, Skotse, Wallise en Italiaanse spelers nog by die Wêreldbeker betrokke is. Go Cheethas!!

m.d.r. ·

Mens kan die soort ervaring van Amla, AB de Villiers , Steyn en Morkel nie oornag vervang nie….beweer Thabang Moroe….
Die probleem is in julle rassisties kwota stelsel te vinde…
Hoeveel topklas spelers speel oorsee..? Wanneer iemand soos Duane Olivier figuurlik gesproke vir jule die middelvinger wys—–is dit tyd vir huis skoonmaak, beginnende by Moroe.
Kry iemand uit die geledere van ons beroemde spelers van ouds en put uit hulle kennis uit,
En ja, wys sommer die middelvinger vir die ANC en gooi die kwotastelsel in die vuilgoed blik.

Kiepie ·

Ai Mnr Moroe, ons word nou al soveel jare gevra om geduldig te wees en aangesê dat die Proteas in ‘n “bou-fase” is, dat julle sekerlik nie die ondersteuners kan kwalik neem as ons nou begin kriewelrig raak nie. My vyf-sent is dat “ontwikkeling” nie op internasionale vlak gedoen kan word nie. Ons arme manne is totaal uit hul diepte as hulle op internasionale vlak ingegooi word en daar van hulle verwag word om te “learn as you go”. Daarteenoor gebeur die telkens in die spanne van lande soos Indië, Australië en selfs Engeland dat die nuwelinge juis die manne is wat presteer (Hit the ground running). Ek dink ons ontwikkelingsmodel en die vlak van kompitisie in ons plaaslike ligas is waar die probleem lê. Maar die administrateurs wil nie hieraan aandag gee nie want dis mos nie glamorous om die spitwerk te doen nie! Sal veel eerder in die protea-tuin uithang (al is hy ook bietjie verlep op hierdie tydstip)

Al ·

Stem saam Kiepie. Niemand weet eers wie is Mayank Agarwal wat nou eers in sy sesde toets gespeel het nie. Net vir Thabang Moroe se inligting: hy het in 3 beurte 330 lopies teen die proteas geslaan en is die top lopiemaker in die reeks. Dit gaan nie altyd oor ervaring nie – dit gaan daaroor dat die regte spelers gekies word en hulle kanse dan benut!

Matt ·

Waar is die manne met jare se KRIEKET ervaring om in die bestuurs- en ander poste diens te doen en uit ervaring die regte spelers aanwys om die land te verteenwoordig. Ongelukkig word spelers ook gekies op grond van hul vorm ‘n paar jaar gelede. Wat sê die afrigter van die sirkus wat in Indië aan die gang is…. gaan sy kop ook nou ge-eis word soos wat so vinnig met ander afrigters gebeur?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.