Vandag se sportnuus

Ernie Els. Foto: Twitter.

Gholf:

  • Vir die eerste keer in die geskiedenis van die Europese Toer mag spelers kortbroeke dra.

Dié besluit is geneem weens die hittegolf wat tans in die omgewing van die Leopard Creek-buiteklub heers. Temperature van naby 40 °C word op dié gholfbaan naby die Nasionale Krugerwildtuin se grens verwag.

“Dit is altyd baie lekker wanneer goeie en gesonde verstand seëvier,” het Suid-Afrika se Ernie Els oor dié besluit gesê.

Ná vyf gate is Suid-Afrika se Danie van Tonder die voorloper.

Sokker:

  • Die wêreld se hoogsbetaalde sportster, Lionel Messi, het sy 700ste wedstryd vir Barcelona met sy 613de doel gevier. Die Spanjaarde het vir Borussia Dortmund met 3-1 in hul Kampioenliga-wedstryd geklop.

Krieket:

  • Een van Engeland se afrigters, die voormalige All Blacks-breier John Mitchell, se seun kan sy toetskrieketbuiging vir Nieu-Seeland teen Engeland maak.

Daryl Mitchell is die plek van die beseerde Collin de Grandhomme (wat in Zimbabwe gebore is) se plek gekies.

Die volgende toets teen Engeland begin Vrydag.

  • In gister se Mzansi Superliga-kragmeting het die Paarl Rocks vir die Nelson Mandela Bay Giants met 31 lopies geklop.

Die span van die Paarl het eerste gekolf en 166/7 aangeteken waarna hulle die tuisspan vir 135 uitgeknikker het.

In vandag se wedstryd speel die Cape Town Blitz teen die Durban Heat om 17:30.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.