Vandag se sportnuus

Shane Warne saam met Graeme Smith. Foto: ANA.

Krieket:

  • Ten spyte van mediaberigte is Graeme Smith nie as Krieket Suid-Afrika se direkteur van krieket aangestel nie.

Sunday Times het vroeër berig dat die voormalige Protea-kaptein se aanstelling bloot ’n formaliteit behoort te wees.

“In teenstelling met mediaberigte is ek nie as KSA se direkteur van krieket aangestel nie,” het Smith getwiet.

“Soos voorheen gesê het ek my aansoek vir dié pos onttrek. Ek is egter steeds in gesprek met KSA, maar daar is nog baie dinge waaroor ek bekommerd is en ek het dit weer eens aan hulle genoem.”

Verskeie top-krieketspelers, onder wie Dale Steyn, het gesê dat die beleërde KSA nie vir Smith deur hul vingers moet laat glip nie.

Rugby:

  • Ten spyte van die feit die o.19-Springbokke met slegs 14 spelers vir 30 minute van die wedstryd gespeel het – te danke aan drie geel kaarte – het hulle Georgië steeds met 28-21 gewen.

Die jong Springbokke speel weer Donderdag teen die gasheerland se o.19-span.

Puntemakers:

Suid-Afrika o.19: Drieë: Werner Gouws, Zwelendaba Mnombo, JJ Kotze en Bernard van der Linde. Doelskoppe: Jaden Hendrikse (2) en Juan Mostert (2).

Georgië o.19: Drieë: Saba Kuratashvili, Giorgi Margaltadze. Doelskop: Lash Lomidze. Strafskoppe: Lomidze (3).

  • Die Springbokke sal volgende jaar teen die All Blacks op Edenpark speel. Die Kiwi’s is onoorwonne in 42 wedstryde op dié veld. Hulle het laas in 1994 teen Frankryk in Auckland verloor toe die Fransmanne hulle met 23-20 geklop het.

Die wedstryd sal op 5 September 2020 plaasvind en die Bokke kon laas in 1937 op dié All Blacks-bastion wen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.