Vandag se sportnuus

Foto: Twitter.

Rugby:

  • Volgens die webblad RugbyPass het die 12 spanne van die Engelse Gallagher Premiership aangedui dat hulle die Black Lives Matter-beweging sal ondersteun.

Jono Ross, die kaptein van die Sale Sharks en ’n voormalige Bulls-speler, het gesê dat sy span teen enige vorm van rassisme is.

“Ek dink nie dat enigiemand in ons span of in die hele kompetisie rassisties is nie. Ons sal Vrydagaand (gedurende die wedstryd teen Harlequins) as span op ’n verenigde front wys dat ons teen rassisme gekant is,” het Ross gesê.

Steve Diamond, Sale Sharks se direkteur van rugby, het Ross se woorde beaam.

“Elke klub sal op die een of ander manier aandui dat hulle teen rassisme gekant is.”

Anthony Watson, die heelagter van Engeland en Bath, het egter gesê dat spanne moet waak om iets op die spelers af te dwing.

“Mense moet ’n keuse  hê om die knie te buig. Sodra iets op iemand afgedwing word, is dit sinneloos,” het hy gesê.

  • Met Duane Vermeulen wat gister as die Bulls se nuwe kaptein aangewys is, sal Arno Botha en Gio Aplon sy adjudante wees.

Op sy beurt het Vermeulen gesê dat dit altyd ’n voorreg is om rugby te speel en dat dit ’n eer is om die Bulls te lei.

“Ek wil ook vir Jake White en die bestuurspan bedank vir hul vertroue in my. Die jaar is ’n moeilike een vir baie Suid-Afrikaners, maar rugby sal terugkeer en die Bulls sal gereed wees om sy ondersteuners trots te maak.”

Tennis:

  • Serena en Venus Williams sal mekaar die stryd aansê in die tweede ronde van die Top Seed-ope in Lexington, Kentucky.

Dit is die susters se eerste toernooi van die Covid-19-era.

Serena het vir Bernarda Pera met 4-6, 6-4 en 6-1 geklop, terwyl Venus met Victoria Azarenka klaargespeel het.

Die eindtelling was 6-3 en 6-2.

Krieket:

  • Die Engelse snelbouler Stuart Broad is deur sy pa beboet omdat hy gekruide taal in die eerste toets teen Pakistan op Old Trafford gebruik het.

Chris Broad, wat in sy speeldae die kolfwerk vir Engeland geopen het, is deesdae ’n wedstrydskeidsregter.

Sy seun moet nou 15% van sy wedstrydgeld opdok.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

tweeling ·

Dis so mense moet ‘n keuse hê om die knie te buig, maar die fanatiese BLM groep en die media wil dit sien om die sensasie te versprei. Ek ondersteun die regop staande manne en vroue.

Niklaas ·

Ai tog , ek is al siek vir hierdie ou speletjie in sport . Dis eintlik al so afgesaag en oorbodig en kan nou maar end kry.

Andrew ·

Kan ons dan enige kommentaar van Ross en die ander spelers hoor oor SA rugby se rasse kwotas asb?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.