Vandag se sportnuus

Foto: Twitter.

Rugby:

  • Steve Diamond, Sale Sharks se direkteur van rugby, het sy spelers verdedig wat besluit het om nie die knie ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging te buig nie.

Dit kom nadat elf van die Sharks se beginspanspelers – onder wie agt Suid-Afrikaners – staande voor hul wedstryd teen Harlequins gebly het. Die spelers het egter almal steeds gewys dat hulle teen rassisme gekant is deur ’n T-hemp met die woorde “Rugby against Racism” daarop te dra.

Die gebeure het die aandag van Suid-Afrika se minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, getrek. Mthethwa het die spelers se besluit bevraagteken en hy was in verbinding met die president van Saru, Mark Alexander.

Maar volgens Britse media voel Diamond dat ’n onnodige herrie opgeskop word.

“Vier van ons spelers het besluit om die knie te buig en dit is hul volkome reg. Die ander het dit nie gedoen nie,” het Diamond gister tydens ’n mediakonferensie gesê.

“Dit sal ’n storm in ’n glas water wees. Ons het almal die Rugby Against Racism-hemde gedra wat ons as belangrik beskou het. As ek eerlik moet wees, dink ek nie dat die hele aangeleentheid iets is waaroor jy jou hoef te bekommer nie.”

  • Dan het Jamie Roberts positief vir Covid-19 getoets.

Die 33-jarige senter het onlangs nog Superrugby vir die Stormers gespeel, maar hy sou binnekort vir die Dragons teen die Ospreys gespeel het.

Die veteraan van 94 toetse vir Wallis ervaar min simptome en is tans in selfisolasie.

Krieket:

  • Die Proteas se vrouekrieketspan het nee gesê vir ’n toer na Engeland volgende maand.

Die wêreldwye pandemie en reisbeperkings het ’n invloed op die besluit gehad.

“Dit is frustrerend dat nog ’n geleentheid vir ons vrouespan om teen sterk teenstanders te speel afgelas moet word. Maar soos altyd is ons spelers en beamptes se gesondheid ons hoofprioriteit,” het Graeme Smith, KSA se direkteur van krieket, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hercules ·

i am a Bible believing,

cross bearing, born

again Christian, a

follower of Abba Father,

Jesus Christ and the

Holy Spirit and bow

my knee only before

Jesus my saviour

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.