Die naelbytstryd tussen die Cheetahs en die Sharks om die eerste plek op die Curriebeker-punteleer duur voort, maar dit was Saterdag so hittete of albei het slae gekry.
Alles vir die sleutelwoord "Curriebekerreeks"
Mitchell en sy Blou Bulle wreed ontnugter
Dit was ʼn wrede ontnugtering wat John Mitchell en sy Blou Bulle-span Vrydag in Nelspruit te beurt geval het.
Baie op spel vir al ses in Curriebekerstryde
Vrydag en Saterdag se Curriebeker-weekronde beloof een van die strafste tot dusver in vanjaar se reeks te wees, gesien hoeveel vir die onderskeie spanne op die spel is.
WP verander twee vir sleutelstryd teen Sharks
Die Westelike Provinsie is verplig om twee veranderinge in sy opdrafspan vir Saterdag se sleutelwedstryd teen die Sharks op Nuweland te maak.
Bitter min van Cheetahs se opdrafspan bly oor
Bitter min van die Cheetahs se beginspan wat die Blou Bulle naelskraap in hul jongste Curriebekerwedstryd geklop het, sal Saterdag in Bloemfontein teen die Goue Leeus opdraf.
Goue Leeus verander vyf vir stryd teen Cheetahs
Die Goue Leeus het vyf veranderings aangebring in die span vir Saterdag se Curriebekerkragmeting teen die Cheetahs in Bloemfontein.
Mitchell (en vierde kaptein) neem by Bulle oor
Verskeie wysigings, en ʼn vierde kaptein, lui John Mitchell se oorname van die Blou Bulle se Curriebekerveldtog Vrydag teen die Pumas in Nelspruit in.
Pumas verander net een vir Blou Bulle
Die Pumas het net een verandering vir die Curriebekerwedstryd Vrydag in Nelspruit teen die Blou Bulle aangebring aan die opdrafspan wat Griekwas geklop het.
WP en Goue Leeus in ongewone kragmeting
ʼn Ongewone situasie heers wanneer die Westelike Provinsie en die Goue Leeus Vrydag op Nuweland, Kaapstad, mekaar in die Curriebekerreeks voor die bors vat.
Cheetahs verander agt ná slae teen Griekwas
Die Cheetahs het agt veranderings aangebring aan die opdrafspan wat onverwags teen Griekwas verloor het vir Saterdag se Curriebeker-kragmeting teen die Blou Bulle.
Wéér ʼn nuwe kaptein vir die Blou Bulle
Die Blou Bulle is genoodsaak om hul derde kaptein vir die huidige Curriebekerseisoen te kies nadat Boom Prinsloo deur griep platgetrek is.
SA A-speler een van verskeie Pumas-skuiwe
ʼn Speler wat in Junie vir Suid-Afrika se naasbestes teen die Franse gespel het, kry Saterdag in Kimberley sy eerste kans in die Pumas se opdrafspan.
Nuwe kaptein vir die Goue Leeus teen WP
Ryan Kankowski se liesbesering lei daartoe dat die Goue Leeus Vrydag op Nuweland deur ʼn nuwe kaptein in die Curriebekerbotsing teen die Westelike Provinsie op die veld gelei sal word.
SA o.20-speler maak buiging vir WP
ʼn SA o.20-speler, wat reeds Superrugby vir die Stormers gespeel het, maak Vrydag op Nuweland sy buiging vir die Westelike Provinsie teen die Goue Leeus.
Beserings en rooi kaart kelder Goue Leeus
Die Goue Leeus was op Ellispark goed op pad om dit drie uit drie vir die buiteperde in Saterdag se Curriebekerstryde te maak toe beserings en ʼn rooi kaart hulle van stryk gebring het.
WP knoop Bul se stert sommer voor rustyd al
Die Westelike Provinsie het op Nuweland grootliks verras deur sommer in die eerste helfte al met die Blou Bulle klaar te speel.
Die koppe hang in Cheetah-wêreld
Die teleurstelling in Bloemfontein was Saterdag byna so groot as toe Brittanje in die jare her die diamantveld by die Vrystaters afgevat het.
Goeie kans op verrassings in Curriebekerreeks
Daar bestaan ʼn goeie kans dat Saterdag se Curriebekerbotsings een of meer verrassings kan oplewer.
Lions-eindstryder in Sharks-span téén Goue Leeus
ʼn Week gelede het hy nog in Johannesburg vir die Lions teen die Crusaders in die Superrugby-eindstryd gespeel; Saterdag speel hy waarskynlik op die einste Ellispark vir die Sharks téén die Goue Leeus in die Curriebekerreeks.
Springbok terug in Bulle se opdrafspan
ʼn Terugkerende Springbok tel tussen die drie veranderinge aan die Blou Bulle se agterlyn vir Saterdag se Curriebekerwedstryd teen die Westelike Provinsie op Nuweland.