Ina Opperman verduidelik waarom dit so belangrik is om eerlik te wees wanneer jy aansoek doen vir versekering.
Alles vir die sleutelwoord "versekering"
Verbruikersake: So beskerm nuwe versekeringsreëls jou
Die nuwe weergawe van die Polishouersbeskermingsreëls, wat uitgevaardig is ingevolge die Wet op Korttermynversekering en die Wet op Langtermynversekering, het begin Julie in werking getree en bied verbruikers nou nog meer beskerming wanneer hulle versekering uitneem.
Verbruikersake: Ombudsman kry amper R200 miljoen vir verbruikers terug
Die ombudsman vir langtermynversekering het onlangs in sy jaarverslag bekend gemaak dat hy gedurende 2017 R193,3 miljoen vir verbruikers teruggekry het en vergoeding vir 150 klaers ter waarde van R531 429 beding het. Ina Opperman het na bepaalde klagtes wat in die jaarverslag genoem is, gaan kyk om te sien wat ons daaruit kan leer om probleme met langtermynversekering te voorkom.
Verbruikersake: Oppas vir hierdie korttermynversekeringseise
Volgens die ombudsman vir korttermynversekering se jaarverslag vir 2017, wat verlede bekendgemaak is, het die meeste verbruikers by die ombudsman gekla oor motorversekeringseise (49,3%), huiseienaarsversekeringseise, (20,4%), sake-eise (7,9%) en huisinhoudsversekeringseise (6,2%). Ina Opperman het gaan kyk waaroor verbruikers gekla het en hoe hulle soortgelyke klagtes in die toekoms kan vermy.