Senator Dino Melaye is gesoek vir sy beweerde betrokkenheid in ʼn moordsaak en dat hy ondersteuning aan misdadigers gebied het.
Lees meerAlles vir Maandag 23 April 2018
Polisiebeamptes in hof oor korrupsie
Twee polisiebeamptes, wat verlede week in hegtenis geneem is, het onderskeidelik in die Durban- en Newcastle-landdroshof verskyn.
Busstaking duur steeds voort
Die Suid-Afrikaanse regering het partye, wat in die busbedryf betrokke is, versoek om spoedig ʼn oplossing te kry vir die loononderhandelings terwyl ʼn landswye staking voortduur, met geen einde in sig nie.
Vakbond gaan staak oor minimumloon
Die vakbondfederasie Saftu het Maandag gesê dat hy in alle groot stede in die land gaan staak teen die nasionale minimumloon en sekere wysigings aan arbeidswetgewing.
Vrou sterf in fratsongeluk
ʼn Vrou, vermoedelik in haar 30’s, is Maandagoggend oorlede tydens ‘n fratsongeluk in Fordsburg, Johannesburg.
Vier sterf in Nelson Mandelabaai-ongeluk
Vier persone het Sondagmiddag in Port Elizabeth verongeluk toe twee motors gebots het.
ToekomsVenster: God teenoor die Farao
Hoe staan hierdie Tien Gebooie teenoor die wette van die Farao? Wat sou gebeur indien ons die Tien Gebooie nie sien as die “hoogste standaard” van morele lewe nie, maar die “minimum standaard” waarvan die burgers van die koninkryk daagliks leef?
Video: Slagoffers jaag in ‘kapers’ se motor vas
Op die video kan gesien word hoe een kaper vinnig terughardloop na die wegkommotor toe, terwyl sy twee makkers doodluiters terugstap na die motor toe. Die volgende oomblik ry die slagoffers agteruit met hul motor by die erf uit.
Kouer weer, reën vir die Kaap verwag
Stad Kaapstad het gesê die rampbestuursentrum en ander verwante departemente sal gereed wees om op enige krisis te reageer.
Die wêreld in foto’s – 23 April 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
14de seun vir dié egpaar
Hulle was vol verwagting dat dit dalk ʼn dogter gaan wees, maar toe is dit nóg ʼn seun …
Oud-Pretorianer kry 20 in Amerikaanse geldliga
ʼn Oud-Pretorianer het Saterdag 20 punte in die eerste weekronde van die nuwe Amerikaanse beroepsliga, Senior Liga-rugby (MLR), behaal.
Nuwe baadjie vir voormalige Gupta-mediaplatforms
Die ANN7-nuuskanaal en The New Age-koerant sal voortaan onder nuwe name bedryf word wat ook veranderinge aan dié platforms se redaksionele beleid sal insluit.
Nóg ʼn Suid-Afrikaanse afrigter presteer oorsee
Nóg ʼn Suid-Afrikaanse afrigter is by die afrigting van ʼn oorsese nasionale span betrek.
Koninklike egpaar nog ʼn baba ryker
Die paleis het vroeg Maandagoggend bekendgemaak dat die hertogin in die vroeë stadiums van kraam na die St. Mary-hospitaal in Paddington in Londen gehaas is.
Eis slaag nie ná kleuter in puttoilet verdrink
“Die versuim om hier skadevergoeding toe te staan, staan in sterk teenstelling met die skadevergoeding wat toegestaan is aan die familie van die Life Esidimeni-slagoffers.”
Video: Karaoke-vriendinne het sosiale media gaande
“Dalk is dit omdat ons albei ook ma’s is. Sosialemediagebruikers sê hulle lag te lekker; en dit is ons enigste doel agter die video’s.”
Twee politici op dun ys
Twee van die land se bekendste en kleurvolste politici kan vandeesweek uiteindelik hul poste kwyt wees ná maande lange struweling en intrige.
Maroela Media Afrikaanse Top-20: 23 April 2018
Wie is dié week in die no. 1-posisie?
Liggaamsbouer in Kaapstad vermoor
“Ek sal enigiets doen om plekke met jou te ruil sodat jou seuntjie kan verstaan watter wonderlike pa jy was, die mees lojale vriend, die sagste hart….”