Die jongste AA-Kinsey-verslag wys dat die pryse van sommige voertuigonderdele wel gedaal het, maar veral onderdele soos kopligte en wielvellings se pryse aansienlik gestyg het.
Malcolm Kinsey en die AA het onlangs hul 2020-verslag bekend gemaak wat as riglyn kan dien oor watter voertuie se onderdele uitermatig duur is en jou kan help om die regte voertuig vir jou sak te kies.
Daar is nege kategorieë, naamlik intree, kompak, gesin, kompak-kruismodel, kruismodel, luukse kruismodel, dubbelkajuit, enkelkajuit en luuks.
Die onderdele word in drie afdelings ingedeel: diensonderdele, instandhoudingsonderdele en bakpanele. Die totaal van die drie afdelings word bymekaar getel en as ʼn persentasie van die verkoopprys van die voertuig uitgewerk.
Intree:
Model | Verkoopprys | Onderdeletotaal | % van verkoopprys |
Ford Figo 1.5 Trend | R218 500 | R63 866,10 | 29,23% |
VW Polo Vivo 1.4 Comfortline | R225 200 | R78 187,36 | 34,72% |
Datsun Go 1.2 Acenta | R182 300 | R71 895,81 | 39,44% |
Hyundai Atoz 1.1 Motion | R165 900 | R66 189,19 | 39,90% |
Renault Kwid 1.0 Expression | R156 900 | R62 990,01 | 40,15% |
Honda Amaze 1.2 Trend | R190 700 | R79 353,78 | 41,61% |
Kia Picanto Street | R190 995 | R133 539,01 | 69,92% |
In dié segment is die Figo die goedkoopste as persentasie van sy koopprys en die Renault Kwid die heel goedkoopste in terme van randwaarde. Die Kia Picanto val heeltemal uit die bus met dubbel die koste en meer as dubbel die persentasie as dié van die Figo.
Kompak:
Model | Verkoopprys | Onderdeletotaal | % van verkoopprys |
Ford Fiesta 1.0T Trend | R305 300 | R91 275,46 | 29,90% |
Hyundai i20 1.2 Fluid | R272 900 | R90 065,64 | 33,28% |
Suzuki Swift Sport | R327 900 | R126 055,65 | 34,15% |
Toyota Yaris 1.5 XS | R291 200 | R103 091,81 | 35,40% |
VW Polo 1.0TSI Comfortline | R309 300 | R114 877,50 | 37,14% |
Toyota Starley 1.4 XS | R215 200 | R90 826,71 | 42,21% |
Renault Sandero 66kW Expression | R209 900 | R99 607,70 | 47,45% |
In dié segment is dit weer ʼn Ford wat wen met 29,9% van sy verkoopprys. Die Hyundai i20 se onderdelemandjie is egter net-net goedkoper in randwaarde.
Gesin:
Model | Prys | Onderdeletotaal | % van verkoopprys |
VW Golf GTI | R605 100 | R145 575,63 | 20,87% |
Toyota Corolla Quest Prestige | R295 200 | R85 031,16 | 23,92% |
Nissan Almera 1.5 Acenta | R247 300 | R86 488,88 | 29,82% |
Toyota Corolla 1.2T XS Hatch | R369 100 | R131 294,40 | 31,39% |
Mazda 3 1.5 Dynamic | R369 100 | R142 693,97 | 33,31% |
Hier kraai die Golf GTI koning met 20,87% van sy verkoopprys, maar die goedkoopste onderdelemandjie is dié van die Corolla Quest. Dié twee voertuie is egter glad nie in dieselfde segment nie.
Kompak-kruismodel:
Model | Prys | Onderdeletotaal | % van verkoopprys |
Citroën C3 Aircross 1.2 Feel | R366 900 | R102 249,24 | 27,82% |
Haval H2 1.5T Luxury | R314 900 | R93 860,33 | 29,81% |
Toyota Rush 1.5 handrat | R330 700 | R105 094,56 | 31,78% |
Ford EcoSport 1.0T Trend | R329 000 | R106 938,11 | 32,50% |
Honda HR-V 1.5 Comfort | R318 500 | R157 725,96 | 39,49% |
Hyundai Venue 1.0% Motion | R319 500 | R126 792,82 | 39,68% |
Renault Duster 1.6 Expression | R278 900 | R117 191,61 | 42,02% |
Mahindra KUV 100 Nxt | R190 999 | R81 776,62 | 42,82% |
Mazda CX3 2.0 Dynamic | R358 100 | R174 709,51 | 48,79% |
In terme van % van koopprys is die Citroën C3 Aircross die wenner. Die Mahindra KUV 100 se mandjie is egter die goedkoopste.
Kruismodel:
Model | Prys | Onderdeletotaal | % van verkoopprys |
Toyota Fortuner 2.8 GD-6 outo | R631 100 | R100 429,31 | 15,91% |
Nissan X-Trail 2.5 Tekna | R569 700 | R115 921,16 | 20,35% |
Peugeot 5007 1.6T GT-Line | R614 800 | R147 932,50 | 24,06% |
Toyota Rav4 2.0 GX | R454 500 | R123 754,67 | 27,23% |
VW T-Cross 1.0TSI Comfortline | R408 000 | R118 852,51 | 29,13% |
Nissan Qashqai 1.2T Acenta | R443 400 | R130 338,59 | 29,40% |
Opel Combo Life Enjoy | R389 000 | R122 796,20 | 31,57% |
Opel Grandland X 1.6T | R465 000 | R147 630,38 | 31,96% |
VW Tiguan 1.4TSI Comfortline | R560 600 | R182 069,17 | 32,48% |
Kia Sportage 2.0CRDI Ignite Plus | R505 995 | R196 362,96 | 38,81% |
Kia Seltos 1.5CRDi EX | R420 995 | R177 512,71 | 42,17% |
Hyundai Tucson 2.0 Premium | R474 900 | R206 611,69 | 43,51% |
Hier geniet die Fortuner ʼn reuse-oorwinning met slegs 15,91% van die verkoopprys én die goedkoopste mandjie.
Luukse kruismodel:
Model | Prys | Onderdeletotaal | % van verkoopprys |
Mercedes-Benz GLE | R1 480 000 | R328 211,01 | 22,18% |
Audi Q5 40TDI | R826 900 | R251 288,73 | 30,39% |
Volvo XC60 T5 Momentum | R774 700 | R242 070,75 | 31,25% |
Range Rover Sport P360 SE | R1 389 194 | R449 792,24 | 32,38% |
BMW X5 xDrive30d | R1 070 382 | R362 204,47 | 33,84% |
Jaguar iPace EV400 SE | R1 717 300 | R913 272,04 | 53,18% |
Jaguar iPace EV400 SE* | R1 717 300 | R320 958,82 | 18,69% |
In dié segment kruip ietwat van ʼn foefie in. Die kleinste persentasie is die Mercedes-Benz GLE met 22,18%. Die goedkoopste mandjie is die Volvo XC60. Die Jaguar iPace lyk afgryslik op papier, want die groep het ʼn hele battery-pak op die lys en dit kos R600 000. Die probleem is dat ʼn mens nooit die hele battery vervang nie, maar eerder enkele selle, waarvan daar 432 is … én die battery is vir agt jaar gewaarborg en word deur Jaguar self gedek. As ʼn mens dan een sel moet byvoeg, is sy onderdeletotaal R320 958,82 en 18,69% en dus eintlik die kategoriewenner.
Dubbelkajuit:
Model | Prys | Onderdeletotaal | % van verkoopprys |
Ford Ranger 2.0 SiT XLT | R575 800 | R79 796,12 | 13,86% |
Toyota Hilux 2.8 GD-6 Legend outo | R635 300 | R90 189,90 | 14,20% |
Nissan Navara 2.2D SE outo | R527 300 | R93 969,79 | 17,82% |
Isuzu D-Max 3.0 TD LX outo | R576 200 | R112 901 | 19,59% |
Ford Ranger Raptor | R875 700 | R214 504,96 | 24,50% |
GWM Steed 6 2.0 VGT Xscape | R319 900 | R86 105,32 | 26,92% |
Die dubbelkajuitsegment is stram. Die Ranger wen met 13,86% én die goedkoopste mandjie teen R79 796,12.
Enkelkajuit:
Model | Prys | Onderdeletotaal | % van verkoopprys |
Nissan NP 300 2.5 | R291 300 | R48 611,28 | 16,69% |
Toyota Hilux 2.4 GD-6 | R318 600 | R58 747,65 | 18,44% |
Isuzu D-Max 250 LE | R388 700 | R74 158,88 | 19,08% |
Nissan NP200 | R189 100 | R42 529,48 | 22,49% |
Mahindra Scorpio 2.2 Pik up S4 | R210 499 | R67 509,39 | 32,07% |
Tussen die enkelkajuitbakkies is die Nissan NP 300 die voorloper met 16,69%. Die goedkoopste mandjie behoort ook aan Nissan met die NP 200.
Luuks:
Model | Prys | Onderdeletotaal | % van verkoopprys |
Alfa Giulia 2.0 Super | R690 557 | R86 570,17 | 12,54% |
Toyota Supra 3.0 Track | R991 500 | R217 634,78 | 21,95% |
Audi A3 35TFSI Sportback | R544 910 | R178 710,60 | 32,80% |
BMW 330i | R743 676 | R252 838,23 | 34,00% |
Mercedes-Benz A200 | R644 240 | R228 381,11 | 35,45% |
Die Alfa Giulia is ʼn groot verrassing in dié segment met 12,54% én die goedkoopste mandjie met R86 570,17.
So, as ʼn mens koopprys vergelyk, is die Alfa Giulia die goedkoopste voertuig om te onderhou tussen die voertuie in dié verslag. Die algehele goedkoopste mandjie behoort aan die Nissan NP200 met R42 529,48.
Dit is nie net die voertuie se onderdele wat so duur is nie. Daar moet regtig gekyk word na die voertuie wat die land in kom. Soos die MG – beloftes van onderdele en windskerms is net n lieg tot jy die voertuig koop nou het niemand parte nie want dit moet ingevoer word. Vrek duur. Verkoop kan jy oof nie verkoop nie want hy het geen herverkoopwaarde nie. Verkoopmans praatjies.
Brendon, so tydjie terug het jy met groot lof van die Amarok geskryf. Hoe vergelyk sy koste met die ander voertuie in die dubbelkajuit klas?
Dagsê Schalk,
Baie dankie vir jou kommentaar. Ek verwys na die 2020 Bakkie van die jaar lys wat deur Kinsey aanmekaar gesit is:
Isuzu D-Max – R62 578
Ford Ranger – R72 078
Mahindra Pik up – R72 716
Toyota Hilux – R78 534
Nissan Navara – R84 122
Toyota Land Cruiser – R126 461
Mercedes-Benx X350 – R126 461
Ford Raptor – R147 653
VW Amarok – R153 994
Mitsubishi Triton – R202 111
So, om jou vraag te beantwoord – as persentasie van sy koopprys, nie te swak nie – maar dit bly egter die tweede duurste mandjie agter die Triton…
Groetnis
Brendon
nms Maroela Media
Dankie
Brendon wat is n Nissan Qashwai, en van wanneer af is daar n Datsun Go Turbo, sover ek weet is dit n Qashqai en Datsun het net n 1.2 enjin sonder n turbo????
Dagsê Harry
Baie dankie vir jou kommentaar. Jammer vir die oorsig – die artikel is reeds gewysig.
Groetnis
Brendon
nms Maroela Media
Ek is aangenaam verras oor die Alfa Romeo se koste. Dit is nog steeds een van die “lekkerste karre” om mee te ry. In die verlede was die Alfa naam nie hoog aangeskrewe nie, maar is nog steeds ‘n puik motor. Wanneer iemand my gevra het wat se motor ek besit en hoor dit is ‘n Alfa was daar gewoonlik kommentare. Jy kry net twee tipes, die ou wat al ‘n Alfa besit het en die ou wat baie graag een wil besit. Jy ry/bestuur nie ‘n Alfa Romeo nie, jy ervaar ‘n Alfa Romeo.