Video: Voorkom dat jou karvensters opwasem

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Dit is gewoonlik ʼn groot probleem in die winter wanneer mens graag iewers heen wil ry, maar jy kan glad nie uit jou motor se ruite sien nie – want dit is toegewasem!

Die volgende twee video’s bied vir jou baie handige wenke wat om te doen om dié probleem te vermy. ChrisFix eksperimenteer met ʼn winkelproduk, skeerjel, babasjampoe, ʼn aartappel en handreiniger. Hy wys vir jou watter een van hierdie produkte die maklikste is en die doeltreffendste werk.

DaveHax toor in sy video met kristalletjies wat jy in ʼn katbak sou gebruik en dan dit bloot in ʼn paar sokkies druk om die vog in die motor te absorbeer.

Laat weet ons gerus indien jy enige van dié tegnieke probeer het en dit gewerk het!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

jenny botha ·

Goeie more – ek weet nie of ek hier kan raad vra nie maar ek sukkel elke keer om goed soos nuus wat op facebook wys oop te maak – as ek op die link druk gaan net gedeeltes oop daars n ronde groen dingetjje wat in die ronte hardloop en vat n ewigheid om klaar te kry voordat ek. Ietsie kan lees – doen ek ietsie verkeerd – of mag ek nie julle goed lees nie – groot asb help tog

Suné van Heerden ·

Dagsê Jenny

Dankie vir jou navraag!
Daar is ‘n paar van ons ander lesers wat blykbaar ook sukkel om by die webwerf in te kom.
Ek stuur jou navraag aan Kobus Bezuidenhout, ons webmeester. Hy sal ondersoek instel en jou moontlik kontak.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.