Hubble kwarteeu in ruimte

Hubble-teleskoop "HST-SM4" deur Ruffnax (Bemanning van STS-125) - via Wikimedia Commons

Hubble-teleskoop “HST-SM4” deur Ruffnax (Bemanning van STS-125) – via Wikimedia Commons

Op 24 April vanjaar sal dit presies 25 jaar wees sedert die Hubble-ruimteleskoop na sy wentelbaan meer as 600 kilometer bo die aardoppervlak gelanseer is. Die teleskoop was ontwerp om 15 jaar lank diensbaar te wees.

Die teleskoop van $1,5 miljard is gou erg gekritiseer toe dit blyk dat daar foute in die kalibrasie van die teleskoop se spieël was. Hierdie foute was nie naby die sentrum van die spieël nie, en beelde van galaksies meer as 100 000 ligjare van die aarde af is na die aarde teruggesein.

Drie jaar ná sy lansering is die spieël ook reggestel. Vandag is die mees asemrowende beelde uit die ruimte, wat deur Hubble geneem is, alledaags in omloop, en word dit as een van die suksesvolste wetenskaplike projekte ooit beskou.

Die Hubble-ruimteteleskoop se opvolger, die James Webb-ruimteteleskoop, is nog onder konstruksie, en sal in 2018 gelanseer word. Hoewel dit ’n nuwe generasie-teleskoop is, word dit beskryf as ’n teleskoop wat eerder die werk van Hubble sal aanvul as vervang.

Bron: Christian Science Monitor,  Wikipedia

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Ruimte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

Hendrik ·

Een van NASA se kenmeerke die uitste hoe kwaliteit produkte. Hulle spandeer miljarde dollars daaraan. Selfs die rovers wat op mars is gaan ver verby hulle inisieele dienstydperk.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.