Yusaku Maezawa, ʼn miljardêr van Japan, wil tussen ses en agt mense kies om saam met hom die eerste kommersiële reis om die maan mee te maak.
Elon Musk het vroeër die week aangekondig Maezawa (42) is gekies om die reis, wat vir 2023 beplan word, in die SpaceX aan te pak.
Maezawa het egter gesê hy soek geselskap vir die reis en dat hy tussen ses en agt kunstenaars, argitekte, ontwerpers of ander kreatiewe mense sal kies om by hom aan te sluit. Maezawa het gesê hy wil hê sy gaste moet “die maan van naby sien en die aarde in sy volle glorie sodat hulle werke kan skep om oor hul ervaring te besin.”
Musk het gesê Maezawa, ʼn entrepreneur, stigter van een van Japan se grootste e-handelmaatskappye en een van die rykste mense in dié land, gaan “baie geld betaal” vir die reis, maar wou nie die presiese bedrag bekend maak nie. Volgens Musk het Maezawa met die idee vir ʼn groepvlug vorendag gekom.
“Ek wil nie so ʼn fantastiese ondervinding op my eie hê nie.” Maezawa kon egter nie onmiddellik sê wie hy beplan om te nooi nie, maar het wel bygevoeg dat hy dit sal oorweeg om Musk te nooi.
Volgens Musk is die Big Falcon Rocket-tuig steeds in ontwikkeling en sal daar verskeie toetsvlugte onderneem word voordat passasiers in die tuig kan reis.
Die tuig van 118 m sal sy eie toegewyde passasierskip hê en die ontwikkeling van die tuig sal na verwagting sowat $5 miljard beloop. Die reis sluit nie ʼn maandlanding in nie.
Maezawa, ʼn voormalige musikant, het die e-handelmaatskappy Start Today in 1998 gestig en dit tot een van Japan se suksesvolste maatskappye ontwikkel. In 2012 het hy ʼn stigting op die been gebring om jong kunstenaars by te staan.
Hy het in 2016 opslae gemaak toe hy meer as $57 miljoen vir ʼn ongetitelde werk van die kunstenaar Jean-Michel Basquiat betaal het. ʼn Jaar later het hy meer as $110 miljoen betaal vir ʼn werk van dieselfde kunstenaar.
Wat n klug maanlanding is fisies onmoontlik daars geen manier om te briek of te stuur in n vakuum nie…
Ja daar is. Newton se derde reël. Hoërskool fisika.
Jan nou hoe het Neil Armstrong 1968 op die maan geland. 50 jaar gelede. Ekskuus miskien was jy toe nog net n gedagte.
Vuurpyle kan slegs stuur of briek in atmosfeer dis waarom hul vinne het.in vakuum sal geringste aksie op vuurpyl soos kleppe wat oopmaak die tuig destabiliseer .gaan kyk op youtube moonlanding hoax
Jan Jan Jan…….ai jai jai…..
Thrusters of retro rockets
Dit behoort interessant te wees aangesien niemand nog ooit om die maan gevlieg het of ooit op die maan geland het nie. ?
Wat is die temperatuur op die maanoppervlak..
Frik jy verstaan nie. Vir rockets om te werk het jy n stabiele vuurpyl nodig.in n vakuum. Sal die vuurpyl buite beheer tol want daars geen stabiliserende medium soos water of lug nie.dink aan n klein bootjie as jy beweeg dan beweeg hy ook…
Jan weet net nie hoe werk ‘n vuurpyl nie ;-)
Nee wat julle oukies moet terugaan skool toe.geen vuurpyl beweeg vanself in. N reguit lyn nie dis waarom daar vinne en gyroscooes is om hulle te stabiliseer.in n vakuum sal enige voorwerp buite beheer tol omdat die kragte wat daarop inwerk oneweredig is.gaam google maar space travel hoax dan sal julle wakker word
Jan,aan die son Kant van die maan 180 grade.
Dankie dis my punt.en julle oukies glo vir nasa dat n gewone kamera met film 180 grade kan weerstaan…hehehe
Ek is nogal seker dat reaction wheels of gyros of iets soos dit gebruik word om die lander te stabiliseer