Agt jaar nadat die Indiese tuig, Chandrayaan-1, in ’n wentelbaan oor die maan se pole verdwyn het, het Nasa die tuig weer opgespoor.
Chandrayaan-1 was agt jaar lank “vermis”.
Hoewel die tuig destyds reeds sowat 95 persent van die werk verrig het waarvoor dit gelanseer is, was dit vir die florerende Indiese ruimtebedryf ’n swaar morele slag toe kontak daarmee verloor is.
Indië het die afgelope naweek gesê hulle is baie dankbaar dat die tuig opgespoor is waar dit steeds laag om die maan wentel.
Vier ander tuie, twee van China en twee van die VSA, wentel ook tans om die maan en die bane moet goed dopgehou word om ruimtebotsings te voorkom. Boonop beplan verskeie lande om binnekort nog tuie na die maan te stuur.
Die opsporingstegniek van die VSA, wat drie radarantennas op aarde insluit, kan in die toekoms groot voordele inhou vir die opspoor van verlore tuie en ruimterommel.
Daar is darm baie geld vir kaf, biljoenne word spandeer op ruimte navorsing en die mens verknor op AARDE.
Stem saam,Indie moet eerder konsentreer om hulle hordes kos te gee
Baie dankie vir die interessante wetenskaplike artikels. Dit is verfrissende leesstof Maroela.
Dit is ongelooflik om te sien hoe wetenskap, tegnologie en kennis omtrent die heelal ontwikkel het gedurende die laaste paar dekades. Hopelik sal die mensdom begin besef dat sinnelose konflik en godsdienstige oorloë nog die einde van ons moderne beskawing gaan veroorsaak ipv verdere vooruitgang en ontwikkeling.
Mensdom gaan in elk geval uitsterf.
Johann Barnard die mensdom gaan nie uitsterf nie.