Ster ‘verorber’ 15 aardgrootte planete

ʼn Kunstenaarvoorstelling van hoe Kronos die planete ‘verorber’ (Foto: Nasa)

Wetenskaplikes van die Princeton-universiteit in die VSA beweer hulle het nou uiteindelik uitgepluis waarom die chemiese samestelling van ʼn ster genaamd Kronos, soveel verskil van sy dubbelster-maat, Krios.

Astronome het voorheen gesê dit blyk asof Kronos verskeie elemente bevat wat in rotsvorming teenwoordig is – iets wat tot dusver nog nie verklaar kon word nie. Van die algemeenste elemente wat in die ster opgemerk is, is onder meer magnesium, aluminium, silikoon, yster, chroom en yttrium.

Ná ʼn deeglike navorsingsproses het navorsers nou met die afleiding vorendag gekom dat Kronos rotsagtige planete moes verslind het. ʼn Berekening het aan die lig gebring dat dit op ʼn massa soortgelyk aan 15 aardgrootte planete sou neerkom.

In die Griekse mitologie het die titan Kronos sy kinders verslind, wat Poseidon (beter bekend as Neptunus), Hades (Pluto) en drie dogters ingesluit het. Wetenskaplikes het dus besluit om dié ster na die mitologiese karakter te vernoem en die ander ster na sy minder bekende broer (Krios).

Kronos en Krios is sowat 350 ligjaar weg van die aarde en twee ligjare van mekaar. Hulle is sowat 4 miljard jaar oud.

Navorsing oor waarom die ster die planete “verslind” het, word nog afgehandel.

Bron: New Atlas

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
JC

Interessant, baie dankie hiervoor:)

Eish

4 miljard jaar oud. Verstommend dat hul dit kon bepaal sonder enige toetse.

Cherokee

Eish, dat die ouderdom daarvan bepaal kon word oor ‘n afstand van 350 ligjare is nie vir my so vreemd nie. Dat een ster 15 planete so groot soos die aarde kon verslind, word ook aanvaar. En dat daar oor die afstand wat lig sal trek in 350 jaar, kan bereken word uit watse element die ster bestaan is steeds verstaanbaar; maar hoe die mens dit regkry om jam in ‘n toe blik kry…..!!!

Gerda

Die wetenskaplikes dink hulle baie slim. Waar kom hul aan die miljard jare miljoene jare. Wetenskaplikes hou daarvan om in die rondte te praat. Mense glo te gou wat Aan hul opgedis word. Gaan lees jou 1933 of 1953 Bybelse vertaling. Al jou antwoorde is daarin.

Eish

Volgens Wikipedia word wetenskap as volg gedefinieër: ” Wetenskap verteenwoordig die gesamentlike uitdruklike kennis van die mensdom in terme van feite, verskynsels en wette wat ontwikkel is deur waarneming, eksperimentering en logiese redenering. Vandag word die wetenskaplike metode gesien as die standaardmetode vir wetenskap, wat klem lê op die noukeurige waarneming, eksperimentering, meting, wiskunde en herhaling. Om as wetenskap te kwalifiseer moet n versameling kennis telkens deur onafhanklike waarnemers herhaal kan word. Wanneer die wetenskaplike metode op hierdie manier toegepas word, is daar sprake van wetenskaplike navorsing en die mense wat die navorsing uitvoer, wetenskaplikes. Daar word dikwels onderskei tussen… Lees meer »