Akteurspaar ʼn pienkvoet ryker

Werner Coetser en Marijke van der Westhuizen in die hospitaal gereed om hul nuwe kleinding te verwelkom. (Foto: Instagram)

Die Getroud met Rugby-paartjie, Marijke van der Westhuizen en Werner Coetser, se babadogtertjie is gebore.

KykNET het bevestig die nuwe kleinding het Maandag om 17:37 haar opwagting gemaak. Dit is egter nog nie bekend wat baba se naam is nie.

“Ons wil graag hê dat Sussie haar eie naam kies,” het die paartjie gesê. “As sy ’n ligte vel en hare het, sal haar naam Leja-Ann wees. As sy ’n blas vel en donker hare het, sal haar naam Layla wees.”

Coetser het gister foto’s op Instagram van hom en Van der Westhuizen in die hospitaal gedeel met die woorde: “So begin die reis om ons klein seëning te ontmoet. So opgewonde ek kan ontplof. So trots op Marijke en hoe sy net elke oomblik vat soos dit kom. Sy is ʼn powerhouse.”

Coetser en Van der Westhuizen het aan die begin van die jaar erken hulle is al ʼn geruime tyd ʼn paartjie en verloof, en kort daarna het die nuus gekom – hulle verwag hul eersteling saam. Van der Westhuizen het ook ʼn agtjarige seun uit ʼn vorige huwelik.

Die twee het mekaar in 2016 ontmoet toe hulle albei saam in die kykNET-sepie Getroud met Rugby begin speel het – Coetser as die losskakel Blitz, en Van der Westhuizen in die rol van Maryke de Villiers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Werner ·

Sjoe hy is ‘n droom man. Maar die kaal borskas in die hospitaal foto?
Brag hy? Wel hy mag maar.

Marna ·

Baie geluk, enige kind is ‘n wonderwerk en net om die hele gebeurtenis te ervaar is ‘n spesiale belewenis op sy eie. Mag die bondeltjie net klomp vreugde en liefde in jul lewe bring! X

Bolla ·

Baie geluk mag sy julle net vreugde en geluk gee. Julle twee is twee pragtige mense. Geniet haar en haar boetie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.