Aretha Franklin ernstig siek

Aretha Franklin (Foto: AP Photo/Paul Sancya)

Die Amerikaanse sangeres Aretha Franklin (76) is volgens berigte ernstig siek en familie is glo aangeraai om haar finaal te groet.

Franklin is bekend vir treffers soos “Respect”, “I Say a Little Prayer” en “Natural Woman”.

ʼn Anonieme bron het aan die Associated Press gesê Franklin is ernstig siek, maar geen verdere inligting is verskaf nie. Die bron is volgens berigte na aan Franklin, maar moet anoniem bly omdat hy/sy nie toegelaat word om openlik oor dié onderwerp te praat nie.

Franklin het verlede jaar haar aftrede aangekondig en gesê sy sal slegs by nog ʼn paar spesiale geleentheid optree. Sy het wel vroeër die jaar voorafbeplande vertonings gekanselleer omdat sy deur haar dokter aangeraai is om eerder tuis te bly en te rus.

Volgende People is Franklin tans tuis, omring deur haar geliefdes. Tim Franklin, ʼn familielid van Franklin, het gesê dat hoewel die sangeres siek is, probeer haar familie haar moed inpraat.

“Sy is wakker, sy lag en sy kan ons herken. Óns glo sy sal hierdeur kom, sý glo sy sal hierdeur kom, en dit is die belangrikste van alles,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Valerie ·

Ek sou nie “People” tydskrif as ‘n bron aanhaal of vertrou nie. Dis meestal sensasie-soekende skindernuus en verwronge feite, nes Wikipedia.
Daar is seker ‘n beter en meer betroubare bron as “People”?

kolla ·

Queen of Soul. Nog een van die ikone van musiek dalk nie meer lank saam met ons nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.