Covid-19-komplikasies eis Anneli van Rooyen se ma

Anneli-van-Rooyen

Anneli van Rooyen. (Argieffoto)

Die Suid-Afrikaanse musieklegende Anneli van Rooyen se ma, Matilda (Tillie) van Rooyen, het Sondag in die ouderdom van 87 weens Covid-19-verwante komplikasies gesterf.

“My pragtige, geliefde mamma is gisteraand, 10 Januarie net voor 19:00 oorlede. Dit is vir my totaal onwerklik,” het sy in ʼn boodskap gesê.

Tillie en Anneli het albei Vrydag positief vir Covid-19 getoets. Tillie is eindelik weens komplikasies van Covid-19 aan hartversaking oorlede.

Matilda (Tillie) van Rooyen (Foto: Verskaf)

Tillie was by Anneli aan huis toe sy gesterf het. Anneli se broer, Gerhard, was ook daar.

“Sy was hier by my, ek kon haar vashou en sy slaap nou in die teenwoordigheid van die Allerhoogste.

“Haar dapper, vuuragtige hart kon nie verder met die komplikasies van Covid-19 veg nie en het ingegee,” sê sy.

Lydia Winchester, musiekpromotor wat die Van Rooyen-gesin al 35 jaar lank ken, sê Tillie was soos ʼn tweede ma vir haar.

“Sy was die wonderlikste mens – altyd lus vir ʼn grappies. Sy het nooit kwaad gesien in ander mense nie,” sê sy.

Anneli se pa is in 2017 oorlede toe hy sy stryd teen pankreaskanker verloor het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Alta ·

Anneli, ek is so jammer! Ek bid dat die Here vir jou styf sal vashou in hierdie tyd!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.