Elvis Presley se kleinseun (27) dood

Lisa Marie Presley en haar seun, Benjamin Keough. (Foto: Instagram)

Benjamin Keough, seun van Lisa Marie Presley en kleinseun van die musiek-ikoon Elvis Presley, is in Calabasas, Kalifornië, dood.

Keough was 27 jaar oud. Roger Widynowski, Lisa Marie se verteenwoordiger, het Sondag die nuus aan CNN bevestig.

Volgens TMZ en Deadline het Keough homself om die lewe gebring. Widynowski het egter nie oor die omstandighede of die datum van sy dood uitgewei nie.

“[Sy] is heeltemal hartgebroke, ontroosbaar en vernietig,” het Widynowski in ʼn verklaring oor Lisa Marie gesê.

“Sy probeer hard om sterk te bly vir haar 11-jarige tweeling en haar oudste dogter Riley. Sy het daardie seun verafgod. Hy was die liefde van haar lewe.”

Die musikant en akteur het selde in die openbaar verskyn; sy sterk fisieke ooreenkoms met sy bekende oupa was egter opvallend. Priscilla Presley is sy ouma. Keough se pa is die musikant Danny Keough.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Estelle ·

Hoe hartseer…… Geld en roem kan nie vrede en geluk koop nie, inteendeel is dit of mens dan ongeluk koop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.