Foto’s: Prag en praal skitter by Golden Globes

Kayley Cuoco en Glen Powell. (Foto’s: Frederic J. Brown/AFP)

Ná ʼn afgewaterde weergawe van die Golden Globe-glansgeleentheid in 2021 en ʼn private funksie in 2022, het die terugkeer van dié toekennings na televisie vanjaar omtrent die koppe laat draai.

Sterre soos Jennifer Coolidge, Eddie Redmayne, Jessica Chastain, Michelle Williams en Jamie Lee Curtis het almal op hul mooiste op die rooi tapyt gelyk.

Meer vroulike uitrustings, afgerond met helder kleure en skitterende bykomstighede het ʼn terugkeer na die glanstapyt gemaak. Die manne het beïndruk in ontwerperspakke, met ʼn uitblinker hier en daar in sagte kleure of met uitspattige bykomstighede uitgevat.

Geklee in ʼn pastelkleurige, lospassende Vera Wang-rok, het die Big Bang Theory-aktrise, Kaley Cuoco, met haar babamagie gespog. Die Wednesday-aktrise, Jenna Ortega, was in ʼn vloeiende Gucci-rok met Tiffany & Co.-juwele getooi.

Die Elvis-ster, Austin Butler, het netjies in ʼn Gucci-pak gelyk, terwyl die komediant, Seth Rogen, die koppe laat draai het in ʼn salmkleurige Dior Men-uitrusting.

Kry die volledige lys wenners by vanjaar se Golden Globe-toekennings hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.