Die huweliksklokkies het op 25 November vir die komediant en televisiepersoonlikheid Rikus de Beer, beter bekend as Radio Raps, gelui.
De Beer en Kaylee (voorheen Van den Bergh), wat hul verlowing kort ná Kersfees verlede jaar bekend gemaak het, het trou aan mekaar beloof by die Harmonie Proteas-proteaplaas in Hartbeesfontein.
Die foto’s is deur Pixel Pro Photography geneem en volgens Albert Bredenhann kon hulle net-net ‘n paar foto’s van die pasgetroude paartjie neem voor dit begin stortreën het.
“Kaylee gaan in Januarie weer haar trourok aantrek vir ‘n paar foto’s, omdat ons regtig net ‘n handjievol op hulle troudag kon neem,” het Bredenhann vertel.
Die paartjie se klere is deur die Suid-Afrikaanse modeontwerper Diaan Daniels gemaak en die troukoek is deur Cocovanilla Foods gebak.
Die paartjie is vroeër vanjaar deur diep waters toe De Beer op 27 Mei in die hospitaal opgeneem is na afloop van sy optrede by Silverstar Casino naby Krugersdorp. Hart-, nier- én longversaking is destyds in die hospitaal by De Beer gediagnoseer, maar sy toestand het intussen merkwaardig verbeter en die komediant het weer teruggekeer verhoog toe.
Pragtige paar. Na die swaar is daar geluk. Mag julle ‘n geseënde huwelik beleef.