Foto’s: Sanger, akteur vra die jawoord

Ramey Short en Loricia Bruwer het by Kogelbaai verloof geraak. (Foto: Lora Photography/Instagram)

Ramey Short, die sanger en akteur wat bekendheid verwerf het vir sy rol as dr. Quinton Meyer in die kykNET-sepie Binnelanders, het pas die jawoord gevra.

Hy het Donderdag op Instagram die nuus gedeel dat hy ʼn ring aan sy jarelange vriendin, Loricia Bruwer, se vinger gesteek het.

Short en Bruwer is die eienaars van Lora Photography, wat leefstylfotografie doen en in Kaapstad gesetel is. Dié twee het by Kogelbaai verloof geraak en dit gevier deur sommer self verlowingsfoto’s te neem.

“Ons kon nie ʼn fotograaf opspoor nie en het sommer ons eie driepoot opgestel om die foto’s en video’s te neem – ek dink ons besigheid Lora Photography het ʼn goeie job gedoen,” het Short op Instagram geskerts.

“Ek kon haar uiteindelik vra om te trou nadat ek ʼn maand lank moes wag. Die jaar kon nie beter vir ons begin het nie en ek is die gelukkigste man.”

Bruwer se ring is ontwerp en vervaardig deur Carlo Hayes. “Die ring is perfek. Loricia sê die ring is mooier as in haar wildste drome.”

Short het in ʼn kinderhuis in Durbanville grootgeword waarna hy sport- en bemarkingsbestuur op Stellenbosch studeer het. Die lewe het eers ʼn paar ander draaie met hom, tot in Los Angeles, gestap voordat hy in 2008 sy akteursdeurbraak op eie bodem in Binnelanders gemaak het.

Hy het in 2020 sy debuutalbum, Kannie breek, uitgereik. Die album is aanlyn asook in uitgesoekte musiekwinkels beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

SlinkseKoljander ·

Bemark jou eie besigheid, mooi man.
Dit is maar n baie plain ring.

Serkte vir julle!

Antonk ·

Moet daar altyd ʼn ophef gemaak word van die bekendes.Ons almal trou en het kinders.Moet dit nou elke keer op die nuus genoem word as ʼn bekende ʼn wind los?

NuusUil ·

Genugtig . Dit is bekendes , iemand wat iets van hulle lewe gemaak het . Hoekom so suur wees ? Hy is n goeie akteur . En wil graag met almal sy geluk deel . Wat is fout daarmee ? Of verkies jy eerder alles oor covid te lees ?

NuusUil ·

Quintin jy het n pragtige verloofde . Dit is n baie mooi elegante ring . Ek wens julle net die beste huweliks jare toe .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.