Gewilde Afrikaanse aktrise verloof

Simoné Nortmann en Andries Pretorius is verloof. Foto: Instagram

Jammer manne, maar Simoné Nortmann, een van die Afrikaanse vermaakbedryf se gunsteling-aktrises, is nou amptelik buite bereik.

Nortmann het Saterdagmiddag haar verlowing op Instagram aangekondig met twee foto’s waar sy trots met haar blink verloofring spog. En wie is die gelukkig man? Andries Pretorius, ʼn rekenkundige van Pretoria, wat al jare lank aan Nortmann se sy is.

Gelukwensinge vir die paartjie het onmiddellik op Instagram ingestroom, onder meer van bekendes soos Amalia Uys, Werner Wessels, Riana Nel en Francois van Coke.

Nortmann het aanvanklik bekendheid verwerf vir haar rol as Nadia Croukamp in 7de Laan, maar het sedertdien vinnig opgang gemaak in die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf. Sy was te sien in die hoofrol in Vir die voëls, en het ook rolle vertolk in die Vuil wasgoed en Stroomop. Haar eerste solostuk was Los asseblief ʼn boodskap.

Nortmann kon nie onmiddellik Saterdag vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ellisras ·

Die kind het gedink wat sy doen. Het iemand met ‘n vaste betrekking. Die teater en rolprent bedryf is te onvoorspelbaar

Jana ·

Ja ne die bedryf breek jou kind.
Ouers kyk mooi voor jou kind in leeukuil in stap.
Geluk julle 2 pragtige mensies

Joey ·

@Ellisras, dan weet jy maar bittermin van haar. As jy vir geld getrou het “vaste betrekking” is dit net jy en die ander geldguriges daar buite

Jacques ·

Pragtige paartjie! Baie geluk julle, dit was lekker om dit saam met julle vanaand te vier!

Bewonderaar ·

Ek wens die paartjie alles van die beste toe. Simoné is ‘n dierbare en nederige mens. Sy verdien om gelukkig te wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.