Ivan en Donnalee ‘verlief’ op hul babaseuntjie

Donnalee wys haar bababoepie by ‘n onlangse toekenningsgeleentheid (Foto: Instagram)

Nadat Donnalee Roberts in September vanjaar aangekondig het dat sy swanger is met haar en haar man, Ivan Botha, se eerste kind saam, het hulle pas laat hoor dat dié baba ʼn seuntjie gaan wees.

Maroela Media het vroeër berig dat dié paartjie op 17 Mei vanjaar op die Blaauwklippen-wynlandgoed in Stellenbosch ewige trou aan mekaar beloof het.

Ivan én Donnalee het vandag ʼn sonar-video op hul Instagram-profiele gedeel.

“Nooit in my hele lewe het ek al ooit ʼn liefde so groot gevoel nie,” het Donnalee op Instagram geskryf. “Drie woorde is op my hart geplaas toe ons op jou naam gebid het: waagmoed, deernis en vriendelikheid. Ons almal staan in verwondering oor die roeping tot jou lewe.”

Ivan Botha en Donnalee Roberts op hul troudag. Donnalee se rok is deur Vesselina Pentcheva ontwerp. (Foto: Jenni Elizabeth)

Donnalee het ook geskryf sy hoop dat al die besluite wat haar eerste kind gaan neem, vanuit ʼn plek van diep wysheid sal kom en dat hy altyd vreugde in die klein oomblikke sal vind.

“Ons is só verlief op jou!” het sy geskryf.

In die sonar-video kan ʼn mens hoor hoe die dokter vertel dat die baba vir hulle waai, soos wat sy handjie heen en weer beweeg.

Ivan het geskryf hy dink dié bewegings is nie ʼn waai nie, maar eerder die babaseuntjie wat vir al die “high fives” oefen wat hy vir Ivan gaan gee.

“Vir jou eerste treë, fietsrit, soen, reis, werk, kind, die lys gaan aan. Ek kan nie wag om jou te ontmoet nie my seun,” het hy geskryf.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Zettie ·

Wonderlike nuus. Ek weet sommer julle gaan goeie ouers wees vir die pienkvoet. Baie geluk met jul babatjie.

Dina ·

Mag daardie seuntjie die mooi wat in sy ouers uitstraal ook beskore wees en deel wees van n geslag wat God ken en dien. Sterkte en seën met die swangerskap.

Nettie ·

Jene tog, hoekom hang die SA ‘celebs’ dit sooooo aan die groot klok as hulle trou/swanger raak/lewe skenk? Dit is mos nie ‘n “once in a lifetime” ding wat gebeur nie! Mense raak verlief, trek in saam, trou, raak swanger, skenk die lewe ….. omtrent elke oomblik van die dag!

Koos ·

Ja nee vra dit. Wat is volgende? Donnalee koop ‘n stapler?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.