Karlien roer harte met huldeblyk aan babadogtertjie

Karlien van Jaarsveld het ‘n roerende huldeblyk aan haar ontslape dogtertjie geskryf vanuit Ysland. (Foto: Karlien van Jaarsveld/Facebook)

Die sangeres Karlien van Jaarsveld het Maandag vanuit Ysland ʼn hartroerende huldeblyk aan haar dogtertjie, Evah, gedeel, wat intussen soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei word.

Karlien, wat tans saam met haar man, Joe Breytenbach, in Ysland vakansie hou, het in Januarie 2015 op 19 weke van swangerskap die hartseer nuus gedeel dat sy dié dogtertjie verloor het.

Sy skryf sy het dié vakansie gewen en het asemrowende foto’s van die Noorderligte gedeel, asook ʼn beeld van ʼn blondekop-dogtertjie met ʼn skoenlapper op haar neusie.

“Ek het probeer uitfigure hoekom God my genooi het om hierdie Noordelike ligte van Hom te gaan aanskou. Dit was ʼn vakansie wat ek gewen het. Ek meen dis ʼn mal gedagte in dit self? [sic],” skryf die sangeres en liedjieskrywer op sosiale media.

“Gister agt jaar terug het ek ʼn dogtertjie verloor, Evah. Verloor is nogal ʼn vreemde term. Ek het haar eintlik nooit verloor nie, sy’s nog altyd deel van my,” skryf sy voorts.

Sy vertel oor die worsteling om haar dogtertjie se dood te verwerk en hoe ʼn terapeut met die naam Evah haar later behandel het by ʼn salon.

“Sy het my voete gewas in voorbereiding vir die massering en ek het ʼn visioen gesien terwyl sy my voete was waar Evah vry in ʼn blommeveld laggend hardloop. Ek kon al die detail van haar sien. Ek het daardie hele dag gehuil van hartseer en vreugde.

Karlien van Jaarsveld in Ysland. (Foto: Karlien van Jaarsveld/Facebook)

“Twee maande daarna sing ek by ʼn Pathways-skool en Liezl, ʼn juffrou daar, sê sy het vir my ʼn prent geverf. Voor sy my kon wys, sê ek: ‘Jy het my dogtertjie geverf.’ Sy het net begin huil en gesê: ‘Ek het, hoe weet jy?’,” skryf Karlien in die roerende huldeblyk.

“God laat ʼn mens toe om te sien as jy bereid is dat Hy jou oë in die donker kom verander; as jy nie self die ligte probeer aansit nie, word Hy die lig binne die donker en dit transformeer en genees mens waarlik, jy sien anders en daar bly geen van die donker meer binne jou oor nie.

“Jou noorderlike plek word dan nie meer jou donkerte genoem nie, maar ʼn plek van ware lig en nasies trek op ‘van oor die hele wêreld’ na hierdie stralende lig sodat hulle ook kan sien.

“Dankie vir wat jy vir my gebring het, my poppie, ek eer jou boodskap, nou kan ek ook sien. [sic]”

Honderde aanhangers het op die plasing op Facebook en Instagram gereageer, met talle vroue wat sê hulle vereenselwig hulle met Karlien se verlies.

“Dankie, Karlien, vir ʼn nuwe perspektief van lig en donker. Die Here seën jou,” skryf ene Katri Lombard op Facebook.

“Trane in my oë. Jou boodskap raak baie, baie diep! Dankie,” sê Sandra van der Merwe op Instagram.

Ek het probeer uit-figure hoekom God my genooi het om hierdie Noordelike ligte van Hom te gaan aanskou. Dit was ‘n…

Posted by Karlien van Jaarsveld on Sunday, January 15, 2023

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ilze ·

My babadogter is 30 jaar gelede oorlede. Ons treur tot vandag nog.

LIEZL ·

En my seuntjie, 21weke het nooit die lig gesien nie, 13jaar later nou. Ons TREUR nogsteeds.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.