Manie Jackson verloof: ‘Ek kan weer droom’

Manie Jackson en sy meisie, Christel Coetzee, het Saterdagaand by die Krone 6-konsert in Pretoria verloof geraak. (Foto: Facebook)

Toe Manie Jackson Saterdag voor duisende mense op sy een knie gaan en sy meisie vra om met hom te trou, was dit onder luide toejuiging wat hy die ring aan haar vinger gesteek het.

Jackson en sy meisie, Christel Coetzee, het Saterdagaand by die Krone 6-konsert in Pretoria voor ʼn gehoor van 6 000 mense verloof geraak. Toe Jackson hand aan hand met Coetzee op die verhoog gestap kom, het niemand geweet wat om te verwag nie.

“Hierdie mooi musiek het my nou so inspire,” het hy gesê. “Ek loop al ʼn hele rukkie met ʼn ding in my broeksak rond wat my pla en ek wil vanaand hier voor 6 000 mense…” En toe gaan hy op sy knie en vra Coetzee vir die jawoord. Die gehoor het gejuig toe hy die ring aan haar vinger steek en die paartjie mekaar op die verhoog omhels.

Die verloofde paartjie se ringe. (Foto: Facebook)

“Baie geluk, Manie! Is dit nie beautiful nie?” het Kurt Darren oor die luidsprekers gesê.

Jackson het later op sy amptelike Facebook‑blad gesê hy is dankbaar dat hy die “die mooiste kroon tydens Krone 6 kon kroon met ʼn ring”.

“Vir jare soek ek na daardie iets waaroor jy so seker is, soos dat Liewe Jesus ons lief het en dat Hy mense op jou pad stuur wat jou hele lewe verander, en alles ten goede. En van kleins af skep ʼn seun ʼn droomvrou, dit wat jy graag sou wou hê, en as fame intree, jaag mens maklik dinge na soos jong meisies… Maar die afgelope tien maande, het ek alles gekry,” skryf hy.

Hy sê hy is dankbaar dat hy ʼn vrou gekry het met klas, geduld, liefde, vertroue en ʼn sterk geloof. “’n Regte, egte dame met ʼn opregte hart, en ʼn natuurlike skoonheid, sonder enige iets wat fake is. Dankie, my verloofde, dat ek weer kan droom, hoop en glo!”

Jackson het later ʼn foto gedeel van sy en Coetzee se hande, waar haar goue diamantverloofring gesien kan word. Jackson dra ook aan sy linkerhand ʼn goue ring.

Jackson kon Maandagoggend nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Vir jare soek ek na daai IETS waaroor jy so seker is, soos dat Liewe Jesus ons liefhet, en dat Hy mense op jou pad stuur, wat jou hele lewe verander, en alles ten goede…. En van kleins af skep n seun n droomvrou, dit wat jy graag sou wou hê, en as "fame" intree, jaag mens maklik dinge na, soos jong meisies…. Maar die afgelope 10 maande, het ek ALLES gekry. Ek het altyd n vrou gesoek met dieselfde klas, geduld, liefde, vertroue, geloof, kwaliteit en wat dieselfde respek afdwing as mense soos my eie Moeder Ina Jackson , Leonie Bridges, Carike Keuzenkamp, Juanita du Plessis en my kind se Ma, Desreé Eybers Jackson….. Ek is dankbaar dat ek die mooiste Kroon, op Krone Fans, kon kroon met n ring, aan n vrou wat net 4 jaar jonger as ek is, maar lyk of sy 10 jaar jonger as ek is (Dis n BARGAIN), maar al die kwaliteite het, van bogenoemde dames…. n Regte egte Lady, met n opregte hart, en n natuurlike skoonheid, sonder enige iets wat "fake" is….. Dankie, my verloofde, dat ek weer kan droom, hoop en glo….! Respek!

Posted by Manie Jackson Blad on Saturday, August 17, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Deloris ·

Manie Manie Manie… Baie geluk… Ek glo julle veral jy na teleurstellings gaan julle nou so gelukkig wees. Met n natuurlik mooi pragtige vrou langs jou sy. Mag julle sweef van geluk.

CHAPPIES ·

BAIE SEËN EN BAIE GELUK vir julle!
Mag Sy Hemelse Guns+Genade+Liefde jul deel wees

Linda ·

Uiteindelik lyk dit of Manie tog die keer die regte meisie gekry het, sy is baie oulik ! Ek wens jul alles van die beste toe vir die toekoms !!!

Engelsman. ·

Jou naels lyk pragtig Christel, die ring ook. Baie geluk

Sê maar net ·

Meisie sonder enige iets wat “fake” is…
Baie geluk julle 2

Ronel Joubert ·

Manie & Christel, baie geluk met die groot stap. Mag julle twee lank en gelukkig wees.

Zelda ·

Ons was daar en dit was so mooi. Baie geluk. Mag julle pad vorentoe met liefde besaai wees!!!!

B.B. ·

Daars n gesegde wat lui…As jy NIE iets goeds van iemand kan se nie…bly dan liewers stil.
Manie Baie, baie geluk, Hoop n Gelukkige toekoms wag op julle 2..Jy verdien dit.

Christa ·

Mag julle net geluk en vrede en vreugde geniet. Moet God nooit opsy skuif as dit goed Gaan nie en Hy Sal julle Altyd dra in slegte tye.

**anoniem** ·

Hopelike third time lucky (…of is dit nou 4..5..ek het al ophou tel). Geluk nietemin!

Eunice ·

Ek skaam my,werklikwaar opreg,vir sommige van my volksgenote en MM lesers se sarkasties-snedige opmerkings!
Suurdruiwe’tjies seker siestog…?
BAIE SEËN EN BAIE GELUK JULLE 2

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.