Rhapsody’s Centurion, terug in volle glorie

(Foto: Janice du Plessis, Maroela Media)

Die vonkelnuut, verruklike Rhapsody’s in Centurion het al hulle gaste verbaas met hul herbekendstelling wat vroeër vandeesmaand plaasgevind het.

Rhapsody’s Centurion het nou ʼn splinternuwe spyskaart en opgedateerde interieur met aardse kleure wat jou in verwondering laat. Hulle vriendelike en vinnige diens asook die verskeidenheid kossoorte van regoor die wêreld maak nou voorsiening vir ʼn veel groter mark.

Van die land se bekendes het by die feesgeleentheid op 3 Maart aangesluit toe die splinternuwe Rhapsody’s in Centurion hul herbekendstelling gevier het. Rhapsody’s Centurion vier vanjaar sy 16de bestaansjaar en as ʼn groep bestaan Rhapsody’s reeds 22 jaar.

“Rhapsody’s Centurion is tussen Johannesburg en Pretoria geleë wat dit toeganklik en gerieflik vir enige soort samekoms maak. Rhapsody’s Centurion is sonder twyfel op die perfekte plek geleë,” sê Mack Rapapali, vermaakster, mediapersoonlikheid en sakeman.

(Foto: Janice du Plessis, Maroela Media)

Volgens Nadiné, ʼn gewilde Afrikaanse kunstenaar, het sy al baie ontmoetings by hierdie venue gehad. “Ek is mal oor hoe hulle dit verander het en sal beslis meer hierdie kant kom kuier.”

Die mediapersoonlikheid Elouise Cupido vertel dat sy al ʼn verskeidenheid byeenkomste by Rhapsody’s Centurion bygewoon het. “Ek was al hier vir sakevergaderings, verjaardae en talle ander groot geleenthede. Ek was nog altyd mal oor die venue, maar nou nog meer.”

Met vars produkte, ʼn bakkery, eersterangse eetsale en ʼn pizza-oond, bied hierdie restaurant ʼn perfekte kombinasie vir enige gas.

“Of jy jou maat op ʼn afspraakaand wil bederf met ʼn uitgekose reeks van internasionale wyne, of ʼn plek nodig het om daardie saketransaksie te sluit, Rhapsody’s Centurion is die regte plek wat aan al jou standaarde sal voldoen,” sê Nadine Rynners, uitvoerende hoof van Die Bronberg Hub en eienares van Rhapsody’s Centurion.

Daar is twee afdelings in die restaurant vir gaste om aan hul spesifieke behoeftes te voldoen. Die onderste vloer bestaan uit die pizza-oond en uitspattige gin-kroeg, terwyl die boonste area voorsiening maak vir skemerkelkies en heerlike ander kossoorte wat met perfeksie voorberei en bedien word.

“Ons het besluit om weg te beweeg van slegs Mediterreense kookkuns en na internasionale kookkuns te beweeg waar die verskeidenheid veel wyer is,” vertel Mihai Nicolau, bedryfsbestuurder van Die Bronberg Hub.

Volgens hom is die splinternuwe spyskaart geïnspireer deur tradisionele kossoorte van regoor die wêreld en kan Rhapsody’s Centurion gerus besoek word “om vir ʼn oomblik in ʼn ander land te wees”.

Die ontbytspyskaart bied opsies wat ideaal is vir vroegoggendgeleenthede, personeel- en sakevergaderings, terwyl die middagete-spyskaart perfek is vir alle geleenthede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.