Simoné Pretorius word ma

Simoné Pretorius het dié skattige foto van haar en haar man, Andries, se babadogtertjie gedeel. (Foto: Instagram/Simoné Pretorius)

Die aktrise Simoné Pretorius en haar man, Andries, het Maandag die ouers geword van ʼn babadogtertjie.

Sy het Donderdag met ʼn foto op Instagram verklap dat klein Harper Harvest Pretorius gebore is. “Maandagmiddag,” het sy in die kommentaar geskryf op ʼn vraag wanneer sy gebore is. “Ons is so dronkverlief.”

Die Hotel-aktrise het nog nie verdere besonderhede oor die geboorte bekend gemaak nie.

Pretorius het in April op Instagram die betekenis van die baba se naam verduidelik. “Harper: ʼn instrument in God se hande (Openbaring 14:2), verskuiwer van atmosfere (1 Samuel 16:23), aanbidder (Psalm 43:4),” het sy geskryf.

Pretorius het bekendheid verwerf met haar rol as Nadia in die SABC 2-sepie 7de Laan en was te sien as die huwelik-sku Irma Humpel in die lokettrefferrolprent Vir die voëls. Sy het ook weekaande op die kassie gekuier as suster René Spies in die kykNET-sepie Binnelanders.

Sy en Andries, ʼn eiendomsontwikkelaar en sakeman, is in Februarie 2019 by die Lunikhy-wildsplaas buite Bela-Bela getroud.

Pretorius het in Oktober verlede jaar aangekondig sy is swanger met hulle eersteling.

Simoné Pretorius en haar man, Andries, het in Oktober verlede jaar die goeie nuus van haar swangerskap gedeel. (Foto: Reece van der Merwe/Dis Reece)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sê-mar-net ·

Baie baie geluk. Mag haar pad deur God gelyk gemaak word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.