Twee bekendes deel babanuus

Caroline-Grace en Heinrich Brüssouw saam met hul dogtertjie, Iza Grace (Foto: Facebook)

Die sangeres Caroline-Grace Brüssouw en die aktrise Therese Bam (Benade) het albei onlangs opwindende babanuus met hul aanhangers gedeel.

Brüssouw het Maandag die nuus gedeel dat haar eerste dogtertjie, Iza Grace, gebore is. Sy en haar oud-Springbokspeler man, Heinrich Brüssouw, het reeds ʼn ouer seuntjie, Marcel.

Sy het ʼn foto van haar en Heinrich in die hospitaal op haar sosialemediaplatforms gedeel.

“Jy het ons ʼn week vroeër kom verras en ons kan nie die Here genoeg dank vir die mees volmaakte geskenk nie,” het sy daarby geskryf.

Therese en Chris Bam (Foto: Facebook)

Therese Bam het ook pas aangekondig dat sy en haar man, Chris Bam, ouers gaan word ná drie jaar se sukkel.

Nadat dié paartjie talle deskundiges, spesialiste en selfs ʼn eierskenker gekonsulteer het, gaan hulle einde Augustus eindelik ouers word van ʼn babaseuntjie.

Therese en Chris bam verwag einde Augustus ‘n babaseuntjie (Foto: Facebook)

“Om te sê ons is dankbaar kan nie naastenby verwoord hoe ons voel oor die koms van ons seun nie. Dit was ʼn lang pad, maar ons groot avontuur begin nou eers. Ek sou hierdie pad met geen ander man op die aarde wou aandurf as Chris nie. Hy is reeds ʼn pappa duisend!” skryf sy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

VannieBaai ·

So so baie bly vir Teresa en haar man! Love die sonarfoto’s! Baie geluk aan julle. Ek weet sommer Bambino Bam gaan julle sommer baie vreugde verskaf!!!!!

LIEZL ·

Veels geluk. Onthou net, jy het nooit gesukkel as die eindresultaat ‘n baba is nie. Jy sukkel slegs as jy na 11 jaar deur vele behandelings, gebed en vertroue nogsteeds geen resultate het nie. En dat jou ouderdom nou ookal hokaai gesê het. 11 jaar is baie min as jy kyk na ander mense wat dalk 15jaar of langer gesukkel het en geen resultate het nie. Hulle kan wel sê hulle het gesukkel. Sterkte aan almal en hou vas as jy 4, 5, 6 jaar probeer. As dit vir jou bedoel is, dan sal dit so wees.

Alet ·

Ek verskil van jou. Die gesukkel sal altyd deel van jou lewe wees. Met die koms van ‘n baba word die seer nie sommer so uit jou hart weggevee nie. Ek het 16 jaar vir my seun gewag. Na maand in en maand uit se behandeling, GIFT en ZIFT en inspuitings en laparoskopies en embrio inplasings. En uiteindelik die dr se woorde daar is niks meer wat ons kan doen nie. Toe het ek gebid, gesoebat, gehuil en baklei en na twee donker jare se stryd vrede gekry daaroor en probeer aangaan met my stukkende lewe. Op ‘n dag was ek swanger, onverwags en amper 42. Met die koms van my seun is daardie 16 jaar nie sommer net so woeps rooskleurig nie. Die seer bly altyd deel van jou. En ek het nogsteeds 16 jaar se seer en verpletterde drome in my hart. Nou is dit net makliker om daarmee saam te leef.

LIEZL ·

Jy is heeltemal reg, so het ons elkeen ‘n storie en my seer is ook nog by my, 11jaar later met baba verloor op 21 weke. Ons Vader kom maak dit wel heel en elkeen ervaar dit anders. Eks bly jou sukkel het beter geword. Is sommer net hartseer as mense sê hulle sukkel na ‘n jaar of twee. Daar is vir elkeen van ons se paadjie ‘n groter doel agter die gesukkel.

Marietjie ·

Baie geluk aan albei. So bly vir Therese en haar man. Mag die ou engeltjie hulle baie geluk en vreugde bring.

Kobus ·

Baie geluk aan die Brüssouws en Bams. En baie sterkte. En baie baie seën!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.