Bekroonde Karoo-fliek nou op BoxOffice

Wesens, die bekroonde Karoo Sci-Fi-fliek wat in Oktober verlede jaar in Suid-Afrika uitgereik is, is nou eksklusief beskikbaar op BoxOffice op DStv.

Hierdie raaiselagtige wetenskapfiksiefliek volg vier agente van die intelligensiediens wat met behulp van superkameras ’n vreemde voorwerp ondersoek wat op 3 Desember 1967 op ’n boer se plaas in die Karoo geland het. Wat volg is die ontknoping van ’n raaisel wat jou tot die laaste oomblik sal boei.

Resensente soos Leon van Nierop, Anna-Marie Jansen van Vuuren en Francois Bekker was gaande oor dié eerste vollengte roplrent van skrywer en regisseur Derick Muller.

“’Wesens’ is soos niks wat jy nog in Afrikaans gesien het nie”, skryf Van Nierop, wat ook die prent gelys het as een van sy tien topflieks van 2020.

Jansen van Vuuren noem dit “die eerste regmatige Afrikaanse wetenskapsfiksie rolprent”, terwyl Bekker in die FAK se Flink-tydskrif skryf dat “die ernstige rolprentganger die filmiese elemente terdeë sal geniet”.

In die rolverdeling is akteurs soos Albert Maritz (Griekwastad, Fynskrif, Trackers), Pietie Beyers (Binnelanders, Vergeet my nie) en Morné Visser (The Kissing Booth, The Harvester, Dis ek, Anna).

Die prent stel kykers ook voor aan jonger akteurs soos Randy Januarie (Projek Dina, Die sentrum), Rayno von Schlicht en Conradie van Heerden (Fynskrif, Sara se geheim) in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.