Fliekresensie: Beleef ʼn fliekreënboog saam met kleurvolle Otto

A MAN CALLED OTTO
⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐/10
Met Tom Hanks en Mariana Treviño
Regisseur: Marc Foster
(Slegs in teater)

Dis beurtkrag! Dis slaggate. Dis vloede. Dis misdaad. Wat kan nog gebeur, vra mense moedeloos. Wel, jy kan op ʼn hopie gaan sit en jou lot bekla. Iemand anders kla dalk net harder en droewiger. Soos die nukkerige Otto, gespeel deur Tom Hanks in A Man Called Otto.

Hy kyk na die lewe deur ʼn donker bril besmeer met die modder van bedruktheid. Niks werk nie! Als maak hom befoeterd. Hy wil nie langer lewe nie, maar dan gaan die lig op. Met sy V-vormige frons het hy homself van die lewe afgesluit en besef: dit is verkeerd om so negatief te lewe.

Basta met jou getob. Word wakker Otto!, roep sy bure en gewete. Die son sal weer skyn, al voel jy hoe neuroties.

Tom Hanks in ‘A Man Called Otto’. (Foto: IMDb)

A Man Called Otto is die ideale medisyne as jy siek is vir die toestand van alles om jou waaroor jy geen beheer het nie. Met ʼn slim draaiboek, kleurvolle kinematografie en flambojante spel van veral Mariana Treviño, loop jy onder die fliekreënboog deur en begin jouself weer te aanvaar. Dit gee jou die moed om jou donkerbril skoon te vryf en iewers ʼn paar sonstrale raak te sien.

Bêre die naam in jou onrustige gemoed: A Man Called Otto. Die storie, en Tom Hanks se inspirerende spel, sal jou tydelik van slegte nuus laat vergeet. Dit is ‘n opwindende en lewegewende komedie. Gaan kyk! Dit sal jou laat beter voel.

Slegs in teaters.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

blia ·

Het die boek gelees (A man called Ove). Uitstekend gewees. Kan nie wag om ook die fliek te kyk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.